Opspoorbaarheid van Bokvleis in Suid-afrika

© Marinda Louw
Opspoorbarheid is die moontlikheid om enige voedsel of bestanddeel terug te speur na sy oorsprong. Dit sal die pad volg vanaf produksie, prosessering en verspreiding tot by die kleinhandelverkope op die rakke van die supermark. Opspoorbaarheid is belangrik as dit kom by publieke gesondheid. Om die oorsprong van produkte en bestanddele te bepaal is belangrik om die verspreiding van enige siekte te verhoed wat deur ‘n voedselbestanddeel of – produk veroorsaak mag word.

Diere-opspoorbaarheid beteken dat die dier of trop diere deur alle stadiums – vanaf geboorte in ‘n sekere area tot by die slag en prosessering van die karkas gevolg kan word.

Groeiende plaaslike en globale aanvraag na diereprodukte het nuwe geleenthede laat ontstaan vir die uitvoer van diereprodukte. Dit het regerings en lewendehaweorganisasies in baie lande aangespoor om te belê in die ontwikkeling van infrastruktuur en prosesse vir die opspoorbaarheid van diere en hul produkte.

Diere opspoorbaarheid vorm die grondslag van sanitêre beheerstelsels in die produksie van voedsel van diere-oorsprong. Daarom is opspoorbaarheid die skakel tussen diere- en menslike gesondheid sowel as tussen voedselveiligheid en voedselkwaliteit.

Lewendehawe Identifikasie in Suid-Afrika

In Suid-Afrika word die National Livestock Identification and Traceability System (I-ITS SA) tans op die been gebring om eienaars, diere en hul liggings te verbind deur hulle te registreer en hul bewegings aan te teken op ‘n sentrale databasis.

Hoewel die fokus is op die kommersiële bokboerdery sisteme sowel as die boerdery- en slagpraktyke, word die opkomende boerdersektor ook by die huidige voorstel ingesluit. Daar word egter verskeie probleme ondervind rakende die opkomende sektor, veral die gebrek aan IT infrastruktuur.
Die I-ITS SA kan help om die veiligheid van die nasionale lewendehawe-stapel te bewaar deur te help met siektevoorkoming en gereedheid vir uitbrake van siektes deur spoedige beheer en kontrole, sodat skade aan die bedryf beperk word.

(Die tender vir ‘n diensteverskaffer om die I-ITS SA te ontwikkel het op 22 September 2018 gesluit).

Translated by Elna Van Rhyn