Onkruid Bestuur in Graanproduksie

© Glenneis Kriel

Onkruid moet versigtig bestuur word om te verhoed dat hulle produksie verliese veroorsaak deur gewasse te oorskadu en mee te ding vir hulpbronne soos water en voedingstowwe in die grond. As dit nie beheer word nie sal onkruid probleme vererger deur dat onkruidsade, waarna verwys word as die saad bank, in die grond toeneem. Vir die beste resultate moet boere dus in groot skaal lande plant en dit skoonhou dwarsdeur die seisoen.

Meganiese Maatreëls

Onkruid kan met die hand verwyder word as jy 'n klein strook graan plant, maar dit sal te arbeidsintensief wees op grootskaal. Boere kan ook landerye ploeg voor die aanplant om 'n skoon saadbed voor te berei.

Om te ploeg verhoog egter brandstofkoste, en met verloop van tyd veroorsaak dit erosie en vernietig dit die grondstruktuur, wat 'n negatiewe impak op die waterhouvermoë van die grond het. Die ideaal is dus om eerder gebruik te maak van bewaringsboerdery praktyke wat help om 'n gesonde produksie-omgewing te bou deur die verbetering van die grondstruktuur.

Branding

Boere het altyd die graan lande verbrand nadat dit geoes is om onkruid en-organismes wat siektes veroorsaak te vernietig. Die praktyk het grootliks vervaag, nie net as gevolg van die brandgevaar nie, maar ook as gevolg van die groeiende bewustheid van die negatiewe impak wat dit op voordelige grondorganismes het. Vandag word die brand van die land gesien as 'n laaste uitweg en net vir 'n boer wat uiterste probleme met onkruiddoder-weerstandbiedende onkruide ervaar.

Onkruiddoders

Groeiende bewustheid van die negatiewe impak van ploeg op grondgesondheid en struktuur het gelei tot die opkoms van bewaringsboerdery. In bewaringsboerdery probeer boere om weg te bly van die brand en ploeg van die grond, wat hulle meer afhanklik van onkruiddoders vir onkruid bestuur gemaak het. Boere is dus meer afhanklik van vooropkoms onkruiddoders om die ontkieming van onkruidsaad, wat dormant is gedurende aanplanting, te keer en na-opkoms onkruiddoders om die land onkruidvry te hou na aanplanting.

Die grootste nadeel hiervan is dat swak bestuur kan lei tot weerstand teen onkruiddoders. Sorg moet geneem word om onkruiddoders te gebruik volgens streng instruksies en om onkruiddoder programme om te ruil volgens hul aktiewe bestanddele. Boere gaan in probleme tee kom as hulle dieselfde onkruiddoder herhaaldelik gebruik met niks anders tussenin nie. 

Wanneer nuwe chemie beskikbaar raak, moet boere hierdie nuwe produkte se doeltreffendheid "beskerm" en dit net as 'n laaste uitweg gebruik.

Regte onkruiddoder moet gebruik word op die regte gewasse, soos onkruiddoders wat spesifiek geformuleer is om óf breëblaaronkruide en grasse te beheer of 'n mengsel van hierdie twee. Gewasse, soos koring, gars, suikerriet, hawer of selfs mielies sal vernietig word as jy grasdoders op hulle spuit, terwyl breëblaar onkruiddoders gewasse soos kanola, sonneblom en medics sal vernietig.

Die beste ding om te doen is om met 'n chemiese adviseur te praat wat jou kan help om 'n goeie onkruidbeheer program saam te stel en om dit gereeld aan te pas en by nuwe ontwikkelinge en verskillende klimaatstoestande te akkommodeer.

Translated by Wilma Koeppen