Kwarrielaagte in Mpumalanga provinsie van Suid-Afrika is die hoof dorp van die Ntwana. Die groep het die gebied gekoop van 'n wit boer in die vroeë 21ste eeu. Kwarrielaagte se argitektoniese opset soos die tradisies, maniere van aantrek en artistieke praktyke van sy inwoners word in 'n stabiele sosiale hiërargie weerspieël. Elke lid van die groep het 'n status en posisie waarby streng gehou word. Dit word gehandtaaf volgens beide die natuur en sosiale gewoontes binne 'n bevrore landskap onbesoedeld deur verskuiwings in historiese, sosiale en kulturele getye.
Die kulturele uitruiling tussen die Ntwana en Pedi is duidelik te sien in ooreenkomste in kleredrag (vroue van beide groepe dra die bekende tradisionele drag wat uit uitgewerkte patrone bestaan), gebruike, rituele, argitektoniese opset (beide groepe woon in tradisionele Noord-Sotho nedersettings) en hulle taal. Die Ndebele is ook bekend vir die noue bande wat hulle met die Ntwana deel, versterk deur ondertrouery, wedersydse deelname aan inisiasie rituele en ooreenkomste in vroulike versiering soos die kralerige nekbande gedra deur vroue van beide groepe. Al drie groepe neem 'n streng skeiding van geslagsrolle in ag en is afhanklik van landbou ekonomie vir hul oorlewing.
Teen die einde van die 19de eeu het die Ntwana koloniale onderwerping in die gesig gestaar en die trekarbeidstelsel, wat geimplementeer is om die landelike ekonomie te verbrysel. Hierdie historiese omstandighede is aangevul deur die klem op stabiele waardes en tradisies te plaas sodat hul lewenswyse kon oorleef in onstabiele tye.
Die naam Ntwana (harde-kop of vegter) is moontlik afgelei van 'n legende rondom die wegbreek van 'n splintergroep van die Bamangwato. Klaarblyklik het een van die Bamangwato howe se seuns 'n taboe gebreek en die vleis van 'n bul geeët. Hy is gevolglik geskors en het met 'n klomp huurlinge in die laat 1780s weggetrek om die Ntwana groep te vorm.
Vandag woon die groep meestal in die Moutse-gebied suid van Groblersdal in Mpumalanga. Hoewel die meerderheid van die Mousedie inwoners uit die Ntwana bestaan, is die gebied ook bevolk deur Pedi, Swazi, Sotho en Ndebele gemeenskappe.
Tot en met 1986 het die verskillende gemeenskappe vreedsaam saamgebly en grootliks waardestelsels gedeel, die beoefening van wedersydse kulturele uitgeruil en selfs ondertrou. Die harmonie is in 1986 gebreek deur die gedwonge inlywing van Moutse in die voormalige tuisland van KwaNdebeIe. Die Ntwana het hervestiging weerstaan; en soos die polities konserwatiewe gemeenskap meer militant geword het, het die gebied rondom Dennilton en Kwarrielaagte in 'n slagveld ontaard.
Dit was nie net tussen pro- en anti-regeringsmagte nie, maar ook tussen bure en families. Tog, in die midde van die onrus, is baie Ntwana tradisies voortgesit, veral onder die vroue. In die afwesigheid van hul mans - van wie die meeste as trekarbeiders gewerk het - is hulle gedwing om beide die landelike ekonomie in stand te hou en hul tradisionele rolle as vroue en die draers van kinders te volhou.
Translated by Wilma Koeppen