Nelson en Winnie Mandela besoek die Withuis

© Dr Peter Magubane
Nelson en Winnie Mandela loop deur die tuine van die Withuis met voormalige president van die VSA George Bush en die voormalige presidentsvrou Barbara Bush.
Na sy vrylating, het Mandela 'n wêreldwye ses-weke toer onderneem om sy vrylating te vier en om met leiers te ontmoet en idees oor politieke en ekonomiese kwessies te deel. Hy en sy vrou, Winnie Mandela, het na Washington D.C. gereis om president George Bush en die presidentsvrou Barbara Bush by die Withuis te ontmoet. Dit was 'n belangrike geleentheid en het gehelp om Suid-Afrika en die Verenigde State se vriendskaplike verhouding te vorm.
Madiba het New York, Boston, Atlanta, Detroit, Los Angeles en Oakland besoek as deel van 'n fondsinsamelingtoer vir die ANC en het ook skole besoek, byeenkomste bygewoon en die land getoer. Madiba se reis na die Verenigde State het gelei tot die suksesvolle vestiging van goeie verhoudings en het 'n reservoir van welwillendheid na Suid-Afrika se ikoniese leier geopen.

"Een van die dinge wat ek geleer het toe ek onderhandel het, was dat ek nie ander kon verander totdat ek nie myself verander het nie." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more