Nelson Mandela en Thabo Mbeki

© Dr Peter Magubane
In ’n jubelende bui: Die nuut verkose president Thabo Mbeki en Nelson Mandela by die Orlando Stadion in Soweto.
Thabo Mvuyelwa Mbeki is op 18 Junie 1942 in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap gebore. Die dorpie se naam is Mbewuleni en dit beteken 'plek van saad'. In 1956, op 14-jarige ouderdom, het Thabo Mbeki by die African National Congress Youth League (ANCYL) aangesluit. In 1962 het hy Suid-Afrika verlaat om in ballingskap te woon. In ballingskap het Mbeki ekonomie aan die Sussex-universiteit in Engeland studeer en sy meestersgraad behaal. Daarna het hy militêre opleiding in die USSR voltooi. Daarna het hy tot en met 1990, toe die ANC se verbanning opgelig was, na Zambië verskuif. In 1994 het hy by Nelson Mandela aangesluit en Suid-Afrika se adjunkpresident geword.

Thabo Mbeki was die tweede demokraties verkose president van Suid-Afrika en hy het Nelson Mandela opgevolg. Hy is twee keer as die president van Suid-Afrika verkies - in 1999 en in 2004. Hy het in 2004 op die versoek van die ANC-uitvoerende raad bedank. Thabo Mbeki is tans die voorsitter van die Afrika Unie se Hoëvlak Implementeringspaneel vir Soedan.

Hierdie foto vang Thabo Mbeki en Madiba in 'n jubelende bui vas, terwyl hulle Mbeki se presidentskap by die Orlando-stadion in Soweto, 1999, vier. Duisende ANC-ondersteuners het die fees bygewoon.

"Solank as wat armoede, onreg en ongelykheid in ons wêreld voortduur, kan niemand van ons werklik rus nie." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more