Nelson Mandela en Cyril Ramaphosa by die Vredeskongresse

© Dr Peter Magubane
ANC-leiers Nelson Mandela en Cyril Ramaphosa by ’n kar gedurende die kongres waar gestaakte ANC/regerings-vredesonderhandelinge weer opgetel word.
Nelson Mandela was die pionier van 'n vreedsame oorgang van Apartheid na demokrasie tydens sy presidentskap. As leier van die African National Congress (ANC) het hy die groot verantwoordelikheid gehad om te verseker dat rassespanning nie tot 'n burgeroorlog in Suid-Afrika gelei het nie. Hy en ander prominente Suid-Afrikaanse leiers het verseker dat vredesbesprekings tussen die Nasionale Party en die ANC voortgesit is. In hierdie foto verlaat Mandela en Cyril Ramaphosa 'n vredesberaad wat daarop gemik was om onderhandelinge weer aan die gang te kry, te midde van geweldadige aksies in die land.
Gedurende daardie jare het 'n jong Cyril Ramaphosa 'n noue verhouding met Madiba gehad en is sedertdien 'n noemenswaardige figuur in die ANC. Hy het begin as vakbondsman, het later 'n ryk sakeman geword en uiteindelik in Februarie 2018 die president van Suid-Afrika geword.

"Wanneer die water begin kook, sal net ’n dwaas te hitte afskakel." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more