Die Mense van die Sterkfonteingrotte

!Kwi en die Wieg

©Roger de la Harpe

Kultureel is die vroegste identifiseerbare groep op die planeet die Boesmans of San wat in die meeste dele van Suid-Afrika gewoon het van ten minste 30 000 jaar gelede. Hulle !Kwi taal en hul oorvloedige kuns dateer duisende jare terug (die oudste rotsgravure is 70 000 jaar oud en die oudste grottekeninge is 27 000 jaar oud), wat Suid-Afrika duidelik die plek maak waar moderne beskawing begin het.

Omdat die Wieg van die Mensdom-streek altyd ‘n goeie vooraad wild, met valleie met goeie water en vrugbare grond gehad het, is dit vanselfsprekend dat die Boesmanstamme in die omgewing sou gewoon het. Bewyse hiervan kan gevind word in die Krugergrot, tussen Rustenburg en die Wieg van die Mensdom, waar argeoloë tou en klipwerktuie wat 7000 jaar terugdateer, gevind het. Boesman artefakte is ook gevind in die Uitkomstgrot in die John Nash Natuurreservaat, asook etlike rotsgravures in die omgewing.

Die Boesmans was meesters van die Laat Steentydperk tegnologie, maar ongeveer 1000 jaar gelede het die Ystertydperk in Suid-Afrika aangebreek met die koms van die Bantu. Hierdie migrante stamme het stadig hul weg gevind deur die kontinent vanaf hul oorspronklike tuiste in Wes-Afrika vir duisende jare en nuwe tegnologie saamgebring vanuit die Midde-Ooste, soos landbou, beesboerdery en die kennis en vaardigheid om met yster te werk. Dit sou hule onderskei van die nomadiese Boesmans wat nie veetroppe van hul eie besit het nie.

Ntu in die Wieg

©David Fleminger

Die naam ‘Bantu’ kom van die taal van oorsprong wat baie hedendaagse stamme in Afrika steeds deel op ‘n sekere vlak. Soos hulle in Suid-Afrika tuisgeraak het, het hulle begin om hulself in spesifieke stamgroepe, elk met ‘n eie dialek en kultuur, te organiseer.

Die Nguni (Swazi, Zulu en Xhosa) het verkies om langs die kus te woon en hulleself in klein uMisi (homesteads), geregeer deur ‘n stelsel van hoofde en hoofmanne, te organiseer. Die Sotho (insluitend die Tswana en die Pedi) aan die ander kant, het ingeburger op die hoë grasvelde van die binneland en in meer as 60 verskillende sub-stamme verdeel. Hulle het verkies om in groot gemeenskappe van tot 15 000 mense te woon en hulle regeringsisteme het meer demokraties voorgekom.

Teen 1500AD het lede van die Sotho/Tswana stam in die Wieg van die Mensdomarea inbeweeg en daar tuisgeraak. Twee hoofstamme is geïdentifiseer, BaPo en Kwena ba ka Mmatau en oorblyfsels van hul ystersmelterye, klipkrale vir hul beeste en bokke en onderskeidende erdewerk is op verskeie terreine in die Wieg van die Mensdom gevind. Vir etlike honderde jare het hierdie stamme in relatiewe vrede en voorspoed hier gelewe.

Translated by Elna Van Rhyn