Mediese Terme Vir Bokke - Woordelys

© Marinda Louw
Aetiology – Die oorsaak of oorsprong van ‘n siekte.
Amino Acids – Organiese samestellings wat natuurlik vookom in plant en diereweefsel.
Aminosure is die hoof boustene van proteïene.
Anthelmintic – ‘n Middel wat wurms of interne parasiete uitdryf.’n Ontwurmmiddel.
Antibiotic – ‘n Middel wat deur mikroörganismes gevorm word of sinteties berei (penisillien, Streptomisien, ens.) wat die vermoë het om sekere mikroörganismes te inhibeer of dood te maak.
Antibodies – Stowwe deur die liggaam geproduseer as ‘n reaksie teen virusse, bakterieë of toksienes. Teenliggame oefen ‘n spesifieke aksie uit teen die agent onder wie se invloed hulle gevorm is.
Antigen - ‘n Stof wat die produksie van teenliggame stimuleer sodra dit in die liggaam is. Entstowwe bevat antigene wat die dier stimuleer om teenliggame teen ‘n siekte te vorm.
Antigen (Killed or Inactive) – Stof wat die eerste of herkenningstadium van ‘n teenliggaam veroorsaak. ‘n Tweede inspuiting is nodig etlike dae na die eerste inspuiting om die teenliggaam produksiestadium teweeg te bring.
Antigen (Living) –Stof wat albei stadiums van teenliggaamproduksie stimuleer.
Antiseptic –Inhibeer die groei van mikroörganismes of ‘n materiaal wat sulke groei vertraag.
Antiserum - Serum wat teenliggame bevat. Dit verskaf korttermynbeskerming, gewoonlik twee tot vier weke.
Antitoxin – Serum wat spesifieke gif-neutraliserende teenliggame bevat.
Astringent –‘n Middel wat weefsels laat saamtrek en afskeidings verminder.
Atrophy –Wegkwyn of krimp van die goott van ‘n orgaan, weefsel of sel.
Attenuation – Die proses waardeur giftigheid verminder word of ‘n siekte-veroorsakende agent verander word deur dit in ‘n ander gasheer te laat groei, gewoonlik met die doel om ‘n entstof te maak.
Autogenous vaccine –Entstof vervaardig uit organismes van ‘n spesifieke uitbraak van ‘n siekte.
Bacteria – ‘n Groep eensellige mikroörganismes, die kleinste van die eensellige plante.
Bactericidal – Beskik oor die eienskap om bakterieë te vernietig.
Bacterin – ‘n Produk wat gemodifiseerde of dooie bakterieë bevat, voorberei om as entstof te gebruik.
Biological – Medikasie verkry uit ‘n lewende bron. Gewoonlik gebruik as voorkoming van siekte (sien bacterin, vaccine, antiserum, antitoxin).
Booster Vaccine – ‘n Tweede of veelvuldige inenting om ‘n dier se weerstand teen ‘n spesifieke siekte te vehoog.
Caustic Corrosive – ‘n agent wat in staat is om lewende weefsel te vernietig.
Coccidia –Protosoïese organismes wat die voeringselle van die spysverteringstelsel infekteer.
Diluent – Die vloeistof wat gebruik word om droë entstof vleoibaar te maak en die volume van enige stof te vergroot.
Drench – Om vloeistof oraal toe te dien.
Electrolytes – Mengsels wat bestaan uit kombinasies van verskeie minerale komponente wat help om die vloeistofbalans van die liggaam onder beheer te hou.
Gestation – Dragtigheid (150 dae in ‘n bok)
Haemorrhage - Bloedverlies
Immunity – Die vermoë van die liggaam om infeksie te beveg of te oorwin. Teenliggame speel ‘n belangrike rol in immuniteit.
Immunity (Acquired) – Die weerstand wat ‘n voorheen kwesbare dier het teen ‘n aansteeklike siekte.
Immunity (Active) - Immuniteit waarin die beskermende faktore teen ‘n siekte in die liggaam self geproduseer word.
Immunity (Innate) – Oorgeëfde (genetiese) weerstand teen ‘n aansteeklike siekte.
Immunity (Maternal) – ‘n Vorm van passiewe immuniteit as gevolg van immuunfaktore wat oorgedra word van die moeder na die kleintjies. Dit mag reeds in die uterus gebeur of deur die melk oorgdra word (veral deur die kolostrum).
Immunity (Passive) – Immuniteit as gevolg vandie oordrag van beskermende faktore vanaf een individu na ‘n ander. Dit mag kunsmatig gedoen word deur serum te verkry van ‘n dier wat immuun is en in te spuit in ‘n dier wat nie immuun is nie. Passiewe immuniteit is van korte duur - gemeet in terme van dae of weke.
Infection – Die susesvolle inval en groei van siekte-produserende agente (bakterieë, virusse,ens.) in die weefsels van die liggaam.
Inflammation – ‘n Spesifieke reaksie van die liggaam op besering. Die besering mag wees as gevolg van lewende agente of as gevolg van meganiese, chemiese of elektriese oorsake. Inflammasie word gekenmerk deur rooiheid, pyn, hitte en swelling.
Inoculate – Om immuunserum, entstof of ander antigene matriaal in te spuit as voorkomende, genesende of vir eksperimentele doeleindes.
Insecticide –‘n Agent wat insekte doodmaak.
Intramuscular Injection (IM) – ‘n Binnespierse inspuiting.
Intraperitoneal (IP) –‘n Inspuiting in die abdominale ruimte.
Intravenous (IV) – Inspuiting in ‘n aar.
L.D. – Dodelike dosis – ‘n fatale een.
Metabolism – Die som van alle fisies en chemiese prosesse waardeur lewende stowwe geproduseer en in stand gehou word.
Pharmaceutical –‘n Chemiese middel teenoor biologies
Serum - Die vloeistofgedeelte van bloed sonder die selle of stollingsfaktore. Serums verkry van diere wat immuun is teen ‘n spesifieke toestand en wat direk in ander individue ingespuit word sodat die ontvanger ‘n mate van passiewe immuniteit verkry, word antiserum genoem.
Stress – Alle faktore wat die dier meer vatbaar maak vir siekte. Dit mag omgewingstres, dieetkundige, psigiese-of fisiese stres wees.
Subclinical – Sonder kliniese manifestasie, gesê van vroeë stadiums van, of ‘n ligte graad van, ‘n gegewe siekte.
Subcutaneous (SQ) - Onderhuids.
Toxaemia – ‘n Algemene vergiftiging weens die absorpsie van gifstowwe, gewoonlik bakteriële produkte gevorm weens ‘n infeksie. Letterlik, bloedvergiftiging.
Toxin – Giftige stof.
Toxoid – ‘n Toksien wat behandel is sodat dit nie meer toksies is nie, maar steeds in staat is om die formasie van teenliggame te stimuleer wanneer dit in die liggaam ingspuit word.
Trauma – ‘n Wond of besering.
Vaccines – Produkte wat voorberei is met die doel om immuniteit te verskaf. Entstowwe kan gemaak word van virusse, bakterieë of protosoë, lewendig of dood, of van toksiene.
Vaccines (Bacterial) – ‘n Entstof wat beskerm teen siektes deur bakterieë veroorsaak word.
Vaccine (Killed Virus) - ‘n Entstof vervaardig deur ‘n dier,’n hoenderembrio of diereweefsel te infekteer met ‘n spesifieke virus. Die virus word geoes wanneer die infeksie op sy hoogste is en dan onderwerp aan agente wat dit doodmaak. Die dooie virus stimuleer die produksie van teenliggame as dit in die liggam van ‘n dier ingespuit word.
Vaccine (Live Virus) – ‘n Entstof wat vervaardig word deur die kweek van ‘n lewende kultuur van die virus waaruit die entstof dan berei word.
Vaccine (Modified Live Virus) – ‘n Entstof gemaak uit ‘n verswakte virus.
Vaccine (Monovalent) –‘n Entstof wat immuniteit teen slegs een siekte verskaf.
Vaccine (Polyvalent) – ‘n Entstof wat immuniteit verskaf teen twee of meer siektes.
Vaccine (Viral) –‘n Entstof wat beskerm teen siektes wat deur virusse veroorsaak word.
Virus – Baie klein infeksieagente, kleiner as die meeste bakterieë en slegs in staat om in ‘n lewende, vatbare gasheersel te vermeerder. Virusse kan buite lewende weefsel lewend bly vir wisselende tydperke. Sommige virusse veroorsaak ernstige siektes, ander is relatief skadeloos.

Algemene Latynse and Griekse Terme en Afkortings Gebruik in Voorskrifte

a.c. ante cibum – van elk
ad ad to: tot
ad lib. Ad libitum – na eie keuse
alternis horis alternis horis – elke twee uur
ante ante - voor
aq. aqua - water
b.i.d. bis in die – tweekeer daagliks
bis bis - tweekeer
c cum - met
caps capsula - kapsule
et et - en
gtt gutta(e) - druppels
H. hora – ‘n uur
hor.som.,H.S. hora somni – met slaaptyd
in d. in dies - daagliks
inter inter - tussen
lin. linimentum - linement
liq. liquor – ‘n oplossing
lot. lotio - smeermiddel
noctis noctis – van die nag
non non - nie
non.rep. non repetatur – moenie herhaal nie
O.D. oculus dexter - regteroog
O.L. oculus laevus - linkeroog
omn. or. omni hora – elke uur
p.c. post cibos – na ete
p.r.n. pro re nata – soos benodig
q.h. quaque hora – elke uur
q.i.d. quater in die – vier keer daagliks
q.s. quantum sufficit – soveel soos nodig
t.i.d. ter in die – 3 keer per dag
ut dict. ut dictum – soos voorgeskryf

Translated by Elna Van Rhyn