Mapungubwe Voëlkyk

Maloutswa Voëlskerm

©Jacques Marais

Die potensiaal vir voëlkyk in Mapungubwe is eindeloos. Die park is in ’n omgewingskruispad geleë en enige hoeveelheid voëlspesies kan opdaag. Dit word geskat dat die area omtrent 400 voëlspesies het. Maloutswa voëlskerm is gebou op die rand van ’n uitgebreide watergat in die westelike deel van die park.

Dit is geleë binne ’n plat belt van rivierwoude en droë doringbosse, heelwat verskillend teenoor die rotsagtige tipografie rondom Mapungubwe Koppie. Die veld rondom die skerm was in ’n slegte toestand, maar ’n natuurlike ekosisteem is stadig besig om terug te keer vanuit die gerehabiliteerde plaaslande. Die skerm is uitstekend vir wild - en voëlkyk. Dit is geleë naby die Limpopo Forest Tented Camp.

Translated by Nina Joubert