Mapungubwe Nasionale Park Verblyf

Vier Ruskampe

©Jacques Marais

Dit is Mapungubwe se juweel! Die akkommodasie is fantasties! Al vier ruskampe is nuut en die resultate is skouspelagtig. Geen saai rondawels hier nie.

Elke kamp het sy eie ontwerp en gevoel, en die argitekte het probeer om seker te maak dat die konstruksiemateriaal netjies in die omliggende landskap pas.

Hierdie simpatieke wisselwerking tussen die geboude omgewing en die natuurlike omgewing is eintlik een van die suksesvolste voorbeelde van eko-argitektuur wat ek al gesien het.

Binne die geboue is daar 'n verfrissende aandag aan detail, en elke kamp het sy eie unieke persoonlikheid. Alle verblyf is streng selfsorg en die park het op hierdie stadium geen restaurante of winkels nie.

Leokwe-kamp

©Roger de la Harpe

Dit is die hoofruskamp en is naby die Confluence View Site en die Treetop Hide. Dit is geleë aan die voet van 'n pragtige sandsteenvallei, vol rooi, geërodeerde rotse wat rondom die kamp staan.

Die ontwerp is gebaseer op 'n tradisionele Venda-dorp en die ruwe, sirkelvormige okermure van die huisies pas perfek by die omgewing in.

Die ruskamp het 'n klein swembad wat in die rotse insny, 'n sentrale braai area en 'n sondek. 'n Klein winkel is gebou, maar dit was nog nie oop toe ek besoek het nie. Dit bevat blykbaar 'n paar basiese benodighede, soos houtskool, lekkergoed en koeldrank, maar moet nie ’n wye verskeidenheid verwag nie.

Limpopo-Woud Tentkamp

Hierdie kamp is geleë is in die middel van die dig rivierwoud in die westelike deel van die reservaat, naby die Maloutswa-voëlkruin. Alhoewel jy nie die rivier kan sien nie, is die tentkamp die tuiste van honderde voëls en ander boomdiere.

Toe ek daar was, was die inwonende ape gek en hulle het van boom tot boom gespring. Ek was eintlik 'n bietjie bang! Nietemin, die omgewing is rustig en verheffend - ideaal vir voëlkyk.

Vhembe Wilderniskamp

©David Fleminger

Dit is tien teen een my gunsteling kamp. Dit is geleë ver weg van alles, in die wildernis van die oostelike deel van die park. Daar is net vier hutte in die kamp, gebou op die rand van 'n rif wat uitsig het oor 'n ruim vallei met bome. Daar is geen elektrisiteit nie en die kamp gebruik sonkrag vir beligting.

Elke hut bestaan uit twee enkelbeddens, 'n toilet, ’n stort en 'n oop dek met 'n pragtige uitsig. Die toebehore in die hutte is eenvoudig maar van uitstekende smaak. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis, eetkamer en lapa wat tussen die 4 hutte gedeel word. Daar is ook 'n klein plasswembad, weggesteek in die rotse bokant die kamp.

Tshugulu Lodge

©Roger de la Harpe

Dit is die luukse opsie. Tshugulu is 'n indrukwekkende gastehuis met hoë kwaliteit afwerkings en groot, gemaklik kussings. Die Lodge is geleë in die westelike deel van die park, weggesteel tussen groot rotse. Hierdie lewendige rooi rotse is beslis opvallend.

Tshugulu het die grootste swembad in die park en bied die gaste gerieflike nagrus in klipbeklede suites met ruim badkamers. Die eenhede het almal lugversorging en ietwat elegante muskietnette.

Daar is ses kamers, en die Lodge kan 'n totaal van 12 persone akkommodeer. 'n Volledig-toegeruste kombuis is beskikbaar, met groot inloop-yskaste.

Selfsorg Mapungubwe Verblyf

Al die fasiliteite op Mapungubwe is selfsorg. En ek bedóél selfsorg. Mapungubwe Nasionale Park het 'n winkel waar jy basiese voorrade kan koop, maar dit is beter om heeltemal voorbereid te wees.

Jy hoef dan nie 70 km na Alldays of Mussina te ry net om nog eiers te kry nie. Vir dagbesoekers is daar 'n restaurant wat 'n a la carte ontbyt en ligte etes bied.

Daar is ook piekniekareas waar jy braai. Jy kan ’n gasbraai by die piekniekplek huur, maar jy sal nie hout kan koop nie. Ontvangs by die hoofhek het 'n yskas met water, vrugtesap en koeldrank.

Al die oornagverblyf is goed toegerus vir selfsorg. Elke kamer het 'n volledig-toegeruste kombuis met al die moderne geriewe wat ’n mens verwag: mikrogolf, broodrooster, yskas, stoof, oond, ens.

Eetgerei, breekware, potte en panne is alles ingesluit. Al wat jy moet bring is die kos, drankies en brandhout. Die kraanwater in die park is, maar dit smaak 'n bietjie snaaks. As jy 'n delikate maag het, is dit waarskynlik 'n goeie idee om baie mineraalwater – of selfs bier – te bring.

Translated by Nina Joubert