Kofi Annan beskryf ’n unieke groep, wat deur Nelson Mandela in Johannesburg 2007 bymekaar gebring is, om 'n ouer staatsman se dinkskrum te vorm om oplossings te probeer vind vir sommige van die wêreld se onregeerbare probleme.
Tussen hulle was vooraanstaande persone soos die voormalige president van die Verenigde State, Jimmy Carter, die voormalige Ierse president, Mary Robinson, filantroop en ekonoom Muhammad Yunus, voormalige Chinese minister van buitelandse sake, Li Zhaoxing, Annan self en Nelson Mandela se vrou, Graca Machel - 'n leier in die onderwys en die welsyn van kinders.
Annan het dit so gesê: 'As 'oudstes', as ek dit so kan stel, het ons 'n unieke perspektief om te deel, en ons glo, ook ’n verpligting om dit te deel.
’ Die projek is 'n wêreldwye eerste, ’n fassinerende nuwe oefening in die bring van die wysheid, sagmoedigheid, ondervinding, staatsmanskap en politieke verstand van mans en vroue, waarvan die kollektiewe lewensduur meer as 1 000 jaar is, om oor sommige van die moeilikste probleme in die wêreld na te dink. Die inisiatief is saam met aartsbiskop Desmond Tutu en Graca Machel van Nelson Mandela geloods.
Die Groep sal minstens twee keer per jaar vergader. Voormalige Ierse president, Mary Robinson, het daarop gewys dat die groep se werk reeds begin het en het menseregte uitgewys as een van die eerste kwessies wat aangespreek moet word.
Die ouderlinge het opgemerk dat die Universele Verklaring van Menseregte in 2008 sy 60ste verjaarsdag sou haal en hulle kon die verklaring ’n ‘lewende dokument’ maak. Hier is ’n merkwaardige inisiatief, verbeeldingryk en dapper in konsep.
Natuurlik moet dit gesien word of dit die doelwitte wat die groep stel, bereik sal word. Maar daar is geen twyfel dat dit ’n aansienlike impak op die wêreld sal maak nie en ’n blywende monument sal wees vir die invloed en wêreldgrootte van Nelson Mandela.
Translated by Nina Joubert