Mandela oor Sy Globale Leier Projek

Individuele en Kollektiewe Wysheid

©Eric Miller

Mandela het op sy 89ste verjaarsdag gesê: "Kom ons noem hulle Globale Ouderlinge, nie as gevolg van hul ouderdom nie, maar as gevolg van hul individuele en kollektiewe wysheid.

Hierdie groep verkry nie hul krag uit politieke, ekonomiese of militêre mag nie, maar uit die onafhanklikheid en integriteit van diegene wat hier is. Hulle het nie loopbane om te bou nie, verkiesings om te wen nie, kiesersafdelings om te behaag nie.

Hulle kan praat met wie hulle wil en is vry om paaie te volg wat hulle as korrek ag, selfs al is dit baie ongewild. "

’n Toegeweide Groep Leiers

Hy het toe beskryf hoe Richard Branson, die man wat die Virgen Atlantic - ryk gebou het en wie sy verjaarsdag met Nelson Mandela deel, en die Britse musikant en aktivis Peter Gabriel, hulle aan hom hul idee gestel om ’n klein, toegewyde groep leiers te vestig wat objektief en sonder enige persoonlike belang in die uitkoms, werk om moeilike konflikte wat die wêreld in die gesig staar, op te los.

"Sedertdien het ek gesien hoe die konsep gegroei het, struktuur en krag verkry het en ’n werklike, lewensvatbare en pragmatiese inisiatief geword het," het Mandela gesê.

Hy het verder gegaan en verduidelik hoe hy sien hoe hulle hul rol aanpak: Hulle sal nie die maklike kort-termynroete neem nie, maar ondersteun langtermyn, volhoubare benaderings wat die hoofoorsake van die probleme wat hulle aanpak, aanspreek.

Gemotiveerde Probleem Oplossers

Hulle is, weet ek, toegeweid om met plaaslike en inheemse kennis te werk; om te luister en antagoniste en protagoniste saam te bring; om met iemand te werk wat gemotiveer is om 'n probleem op te los. Hulle kan help om innoverende idees en minder bekende oplossings te bevorder en voor te stel, om diegene wat werklike praktiese behoeftes het met diegene wat iets het om te bied, by mekaar te bring.

Deur middel van hul vriende in die besigheid, kan hulle die nuutste tegnologie mobiliseer, en nie net bewustheid van vergete kwessies belig nie, maar ook help om die hulpbronne te vind om hulle aan te spreek. Maar wat tegnieke hulle ook al gebruik, ek glo dat dit uiteindelik vriendelikheid en vrygewige akkommodasie is wat die katalisators vir werklike verandering is.

Ek weet dat hierdie gewaardeerde vriende van my in staat is om al hierdie dinge te doen.

Gees van Ubuntu

Met verwysing na Desmond Tutu, sy mede-outeur van die onderneming, soos dit was, het Mandela verder gesê: En ek verwag dat as my vriend die aartsbiskop iets daarmee te doen het, hulle sal aandring op die noodsaaklike interafhanklikheid van die hele mensdom. Ons noem dit die gees van Ubuntu - daardie diepgaande Afrika gevoel dat ons slegs mense is deur die menslikheid van ander mense.

Ek is vol vertroue dat die Ouderlinge 'n ware rolmodel kan word met leiding en ondersteuning, allerhande inisiatiewe, beide hul eie en dié van baie ander. Die Ouderlinge kan vryelik en vrymoedig praat, in die openbaar, sowel as agter die skerms, oor watter aksies ook al geneem moet word.

Globale Gemeenskap Benodig Leiers

Dit was Peter Gabriel wat die titel verduidelik het: In tradisionele samelewings het die ouderlinge altyd 'n rol gespeel in konflikoplossing, langtermyn denke en wysheid toegedien waar dit nodig is. Ons beweeg na hierdie globale dorp en tog het ons nie ons globale ouderlinge nie.

Die ouderlinge kan 'n groep wees wat [sic] die vertroue van die wêreld het, wat vrylik kan praat, heeltemal onafhanklik kan wees en vinnig en buigsaam in konfliksituasies reageer.

Mandela, alhoewel 'n lid van die Ouderlinge, het grasieus van aktiewe deelname onttrek. Hy het gesê: 'Soos ek reeds gesê het, probeer ek om my aftrede ernstig op te neem en ek sal ongelukkig nie kan deelneem aan die werklik opwindende deel van hul werk nie; probleme ontleed, oplossings soek, vennote uitken.'

Translated by Nina Joubert

Bill Clinton on Mandela's Legacy

Voormalige president van die Verenigde State van Amerika, Bill Clinton, het hulde gebring aan Nelson Mandela gedurende die 2007 Mandela verj...more

Desmond Tutu

Desmond Tutu is een van Suid-Afrika se mees geliefde ikone en as ’n 1984 Nobelpryswenner en menseregte-aktivis bekend....more