Ervaar Betowering - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

By hierdie akkommodasie in die Madikwe Wildreservaat kan jy die Groot Vyf, jagluiperd, en die Afrika wildehond, onder andere, sien.

Wildbesigtigingsritte

Madikwe Safari Lodge bied 2 wildbesigtigingsritte daagliks aan. Wilde honde is ’n kenmerk spesies van die reservaat en is ook bedreig, wat dit ’n spesiale besigtiging vir besoekers maak. Daar is nooit meer as 8 mense op die 4x4-voertuie nie, wat intimiteit by die besigtiginge skep.

Tee en koffie word op die oggend ritte bedien terwyl die skerp Afrika son opkom om die dag te groet. Op die aand wildbesigtigingsritte is daar tyd om die son wat sak in te neem met ’n skemerkelkie en peuselhappie in die hand. Wildbesigtigingsritte verseker ’n onvergeetlike safari vakansie.

Bos Wandelinge

Bos wandelinge is ’n unieke manier om die wildernis by Madikwe Safari Lodge te ontdek. Professionele gidse sal jou in die hartie van die bos in lei, en die nodige veiligheidsmaatreëls op elke avontuur waarneem. Teen die agtergrond van die ongelooflike Madikwe Reservaat landskappe kan jy diere se mis en spore volg, voëls en insekte dophou en oor die medisinale gebruike van plante en bome leer.
Neem asseblief kennis dat die bos digter in somer (reën seisoen) is en daarom mag die diere moeiliker wees om te sien. Vir entoesiastiese voëlkykers is die beste voëlkyk periode vanaf Oktober tot April. Bos wandelinge word slegs aangebied vir mense 16-jaar en ouer.

Ander Aktiwiteite op Aanbod

Gedurende jou besoek aan een van die drie lodges by Madikwe Safari Lodge het jy die geleentheid om oor die Suid-Afrikaanse hemelruim te leer deur aan ’n astronomie praatjie deel te neem. Kyk uit vir die suiderkruis en sien hoe naby en duidelik die melkweg is. Wild praatjies is ook beskikbaar by die kamp. Verbreed jou kennis en leer meer oor die ekologie van Madikwe.

Kinder Aktiwiteite

Madikwe Safari Lodge bied ’n reeks aktiwiteite aan om die jonger gaste besig en vermaak te hou. Die Eko Huis bied verf, teken en kunsvlyt aan. Kinders kan ook aan ’n bos orientasie deelneem waar hulle na lewendige spesimene kan kyk. Daar is insek 'CSI', mis lees en spoorsny, bak en brou in die kombuis, pizza maak in die boma, sterrekyk en ’n speletjies aand. Kinders bo die ouderdom van 5-jaar is welkom op die laat oggend familie safari ritte.

Spa en Welwees

Madikwe bied jou met die geleentheid om te ontspan met ’n spa behandeling in die privaatheid van jou eie suite. Alle produkte wat gebruik word is 100% organies en daar is ’n reeks behandelinge op aanbod, insluitend masserings, gesigbehandelinge, refleksologie, hand- en voet behandelinge en selfs gespesialiseerde vermaak vir kinders.

Bos Etes

Geniet ’n hartlike bos ontbyt in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bos by ’n tafel wat gedek is met skoon wit linne en servette. Jy kan jou wildbesigtigingsrit verleng en ’n piekniek middagete saam met jou neem. Vind ’n skaduwee plekkie en deel jou maaltyd met wild wat rondom jou loop. Eet in die buitelug onder ’n kombers van sterre. Vuurlangse etes onder die sterre is ’n romantiese maaltyd. Voeg ’n bottel van die beste Suid-Afrikaanse wyn by, goeie geselskap en die herhinneringe sal vir ’n leeftyd by jou bly.