Ervaar Betowering
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Madikwe Safari Lodge bied luukse akkommodasie opsies vir paartjies, families en groepe in die malaria-vrye Madikwe Wildreservaat, geleƫ in die Noord-Wes provinsie.

Hoogtepunte

3 lodge opsies met verskeie geriewe
Oggend en aand wildbesigtigingsritte
Daaglikse bos wandelinge
Privaat spa op die perseel - ideaal vir paartjies en wittebrood reisigers
Eco House kindersentrum lewer opvoeding en vermaak vir kinders

Jou Ervaring

Madikwe Safari Lodge bied jou asemrowende uitsigte en akkommodasie op die natuur se voordeur aan. Geleë in die privaat Madikwe Wildreservaat in Noord-Wes provinsie, die growwe terrein, helder kleure en inheemse wild is ’n fotografiese droom. Ongelooflike wild besigtigings gebeur gewoonlik vroeg in die oggend en laat in die middag, en die begeleide wildbesigtigingsritte is jou geleentheid om dit te aanskou. Die omliggende bos kan ook te voet ontdek word. Spoor vry-lopende wild met jou gids en spoorsnyers op, wie jou oor die plantlewe sal leer en die kleiner diere wat gereeld op 4x4-ritte misgekyk word, sal uitwys.

Families met klein kinders se benodighede word goed na omgesien by Madikwe Safari Lodge met die verskeie ouderdom-gepaste aktiwiteite by die Eko Huis. Terwyl die kleintjies besig is, kan ma en pa ontspannende masserings by die private spa geniet. ’n Keuse tussen 3 lodges word aangebied by Madikwe Safari Lodge en daar is iets vir almal. Kopano Lodge is ’n goeie opsie vir groepe, Lelapa is ideaal vir families met kinders van alle ouderdomme, en Dithaba Lodge bied ’n goeie dosis romanse. Maaltye by hierdie akkommodasie in die Madikwe Wildreservaat is ’n geleentheid in sy eie reg met smaakvolle, prentjie mooi geregte wat in die eetkamer, tradisionele buitelug boma wildbesigtigingsdek geniet kan word.