Die Basotho verlustig hulself in sang en dans, wat baie seremonies en sosiale aktiwiteite vergesel. Liedere is ook gebruik om die ervarings van mans se lang afwesigheid as arbeidsimmigrante te merk: mans wat meeding om liefjies op te sê (Lifela tsa litsamaea Naha (liedjies van die reisigers) oor hul ervarings in koshuise en in ondergrondse myne, en vroue 'n soortgelyke vorm van voordrag gebruik om hul lewens van gras weduwees te besing.
Die mees algemene danse is die mokorotlo, die mohobelo en die mokhibo. Die mokorotlo word uitgevoer deur mans vir die hoofman oor belangrike geleenthede, soos politieke vergaderings, of wanneer die hoof en sy volgelinge gaan op 'n toer van inspeksie. Dit bestaan uit 'n ritmiese swaai heen en weer, gekombineer met 'n gereelde stadige voet stamp; die leier sing in 'n hoë stem wat gevolg word deur 'n diep keel refrein van die groep.
Van tyd tot tyd, breek een van die mans weg uit die groep en voer passies uit voor die hoofman wat 'n aanvalstryd namaak. Hy word aangepor deur die ander wat ophou sing en hom op sy dans naam roep. Hy kan ook sy eie of die hoofman se lof toesing of voordra. Hy keer dan terug na die groep en die stadige dans bewegings gaan voort. Die mohobelo, wat uitgevoer word deur mans, vereis energie en uithouvermoë en word hoofsaaklik in die aand gedans, vir vermaak.
Die mokhibo is 'n vroue dans wat op die knieë uitgevoer word, met die liggaam wat ritmies styg en daal terwyl die hande opwaarts beweeg word. 'n Informele koor staan agter die lyn van dansers terwyl hulle sing en handeklap. Die maqekha is 'n spesiale dans wat deel vorm van die eerste rituele van meisies se inisiasie.
Die Basotho het 'n verskeidenheid van musiekinstrumente. Die morupa, 'n klein drom wat gebruik word by meisies se inisiasies, is gemaak van 'n kleipot waaroor 'n stuk vel styf getrek is, en met plat hande geslaan word. Die lekoko is gemaak van 'n rol van geharde koei vel wat met stokke geslaan word en 'n dowwe geluid voortbring. Die gebruik daarvan is byna geheel en al beperk tot die maqekha seance.
Die Lesiba bestaan uit 'n perd haar wat gestrek is langs 'n stok tussen 'n pen en 'n hoewe hakie. Ligte suiging teen die pen veroorsaak dat die perd hare vibreer, en 'n spookagtige klank voortbring wat oor die algemeen gepaard gaan met die speler se stem.
Die Thomo bestaan uit 'n boog, waaroor 'n perd se hare of dun draad gespan is, en wat stywer gemaak word in die middel met 'n stuk draad. Die boog is om 'n kalbas (of, in die afgelope tyd, net 'n ou olie blik) aangeheg, wat dien as resonansie of weerklanking weergee. Die instrument word gespeel deur die pluk van die string of om dit te pluk met 'n stok.
Translated by Wilma Koeppen