Kudu
Koedoe

© Roger de la Harpe

Naam

Koedoe (Tragelaphus strepsiceros)

Orde

Artiodactyla (Ewehoewiges)

Familie

Bovidae (Horingdraers)

Voorkoms

Die koedoe toon sterk seksuele dimorfisme deurdat die bulle groot, lang, spiraal-horings het wat rekord lengtes van tot 1.8 m kan bereik. Horings groei op die ouderdom van ses jaar tot hul volle lengte. Bulle word ook heelwat groter as koeie. Bulle kan soveel as 300 kg weeg met ’n skouerhoogte van 1.4 m en koeie weeg 210 kg met ’n skouerhoogte van 1.25 m.
Die koedoe is vaalgrys tot vaalbruin met ’n aantal vertikale wit strepe wat verskil in vorm, grootte en patroon. ’n V-vormige merk op die voorkop en wit kolle op die wange. Lang hare strek van die agterkop oor die rug tot by die stert en van die laer nek tot by die maag.

Dieet

Hierdie spesie eet ’n wye verskeidenheid boom- en struikblare, wat vrugte, peule, kruidagtige blomplante en rankers insluit. Sukkulente soos die spekboom en aalwyn word ook geëet.

Voortplanting

In Suid-Afrika is die bronstige seisoen van April tot Mei. Buite-seisoen geboortes is nie ongewoon nie. Vir die eerste vier tot ses weke lê kalwers en wegkruip en word deur die koeie vir voeding tyd besoek. Koeie en hulle kalwers vorm sosiale groepe van vier tot tien.

Sosiale Gedrag

Groepe van meer as 20 verdeel gewoonlik in kleiner groepe. Jong koeie bly by hul moeders, maar jong bulle bly in alleenloper groepe wanneer hulle seksuele volwassenheid bereik, gewoonlik op twee jaar oud.
Bulle sluit by die koeie se groepe aan tydens paartyd, maar verkies ander habitatte as hulle nie paar nie. Daar bestaan geen territoriale spasiëring tussen bulle nie, maar hulle wys hulle ouderdom en dus is daar dominante hiërargieë.

Habitat

Die koedoe verkies digte bosse, beboste voetheuwels van berggebiede, oop knoppiesdoring-boslande in die Nasionale Krugerwildtuin en wildplase in Mpumalanga, die Mopanie- en Miombo-woude van die Noordelike en Noordwestelike Provinsies en buurlande.

Verspreiding

Die koedoe is wydverspreid in Suid-Afrika, ’n algemene wilde dier van natuurreservate en private wildsplase en word selfs algemeen gesien op gewone plase.

Spoor Beskrywing

8 - 9 cm lank, langer en meer gepunt as die njala en omtrent dieselfde grote as die blouwildebees maar nie so uitstaande nie