Klassieke Kruger - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

By Camp Shawu kan jy uitsien na ’n opwindende oggend en laatmiddag-vroegaand wildritte in ’n uitstekende wildkyk gebied.

Wildkyk

Kyk uit vir die Groot 5 naamlik Leeus, Luiperds, Buffels, Olifante en Renosters, asook baie ander diere. Wildkyk staproetes kan met voorafgaande kennisgewing gereël word.

Ontspan op jou privaat dek terwyl jy die groot verskeidendheid voëls van die omgewing bekyk, koel af in die swembad of geniet ’n drankie teen sononder by die kroeg. Gaste kan ook op ’n ontspannende self-ry safari in die Nasionale Krugerwildtuin gaan. Camp Shawu kan ook reël dat gaste by die nagritte wat vanaf Krokodilbrug vertrek aansluit.

Spa by Main Lodge

Shishangeni Private Game Lodge bied gaste wat by Canp Shawu bly die geleentheid om totaal te onstpan by hul spa, geleë in die Main Lodge. Gaste kan uitsien na verskeie behandelinge wat rustigheid en luuksheid in gedagte hou.