Klassieke Kruger
Kruger Nasionale Park

Camp Shawu bied gaste gemaklike akkommodasie in suites wat uitkyk op een van die grootste damme in die Nasionale Krugerwildtuin, asook opwindende wildritte.

Hoogtepunte

Wildritte in 4x4 safari voertuie om die bekende 
Groot 5 van naby te aanskou 
Alle kamers het privaat houtdekke wat uitkyk op die 
Mpanamana Dam 
In ’n privaat konsessie in die Kruger Nasionale Park geleë

Jou Ervaring

Camp Shawu is vernoem na een van Afrika se bekendste olifante genaamd “Shawu”. Hierdie massiewe groot bul wat in die omgewing van Camp Shawu vir omtrent 60 jaar lank gewei het, het die langste tande gehad wat ooit in Suid-Afrika opgeteken is en was altyd ’n opwindende gesig om te aanskou.

Camp Shawu is geleë in Shishangeni Private Game Lodge in die Kruger Nasionale Park, langs die Mpanamana Dam wat deurlopend besoek word deur verskeie diere, ’n wonderlike manier vir gaste om wild te besigtig terwyl hulle nie uit is op ’n wildrit nie. Tipies is daar ’n plaaslike trop leeus wat gereeld in die aande afstap dam toe om hul dors te les.

Gaste kan uitsien na oggend en laatmiddag/vroeë-aand wildritte saam met ’n professionele gids op ’n oop safari voertuig op soek na die Groot 5 en ontspannende middae op die dek langs die dam met ’n verfrissende drankie en heerlike afkoel sessies in die swembad.

Wild wat gereeld in hierdie wildryke suidelike deel van die Kruger Nasionale Park besigtig word sluit renosters, leeus, luiperds, seekoeie, krokodille, buffels en kameelperde in, om van die wonderlike voël-lewe nie eers te praat nie. Gaste is ook welkom om, gedurende die hitte van die dag wanneer daar nie geskeduleerde wildritte is nie, die area self te verken in hulle eie voertuie.

Camp Shawu akkommodeer ongelukkig geen kinders onder die ouderdom van 16 jaar nie.