Klassieke Kruger - Jou Verblyf
Kruger Nasionale Park

Camp Shawu in die Nasionale Krugerwildtuin bied 5 elegante kamers aan wat ’n eksklusiewe ervaring en persoonlike diens verseker.

Jou Kamer

Camp Shawu bied ruim akkommodasie in slegs 5 kamers wat 2 persone elk kan akkommodeer – die ideale wegbreek vir wittebroodspaartjies en gaste wat privaatheid verkies. Die akkommodasie bied gemaklike leunstoele van leer, ’n koningin-grootte bed met 'n muskietnet en ’n dakwaaier.

‘n Skerm skei die kamer van die badkamer met 'n Victoriaanse bad en daar is ook ’n buite-stort vir die avontuurlustiges vir daardie warm somermaande. Na ete kan gaste uitsien na ’n rustige drankie op hulle eie houtdek met ’n fantastiese uitsig op die dam, dalk met die geluk om ’n trop leeus te sien of ‘n luiperd wat afsluip water toe.

Hierdie is ook die ideale plek en ’n uitstekende geleentheid om daardie verkyker uit te haal en die interessante voëls te soek wat om die dam nes maak.