Kopkool Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Kopkool gebruik baie stikstof en moet daarom met ander gewasse en veral peulgewasse, wat die stikstof inhoud van die grond herstel, afgewissel word. Volhou hierdie afwisseling met nie-verwante gewasse om algemene peste te beheer.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 30 ton
Gemiddeld: 45 ton
Goed: 65 – 80+ ton

Oes

Die oes van kopkool vir die vars produktemark, word met ’n mes of sekel gedoen om skade aan die koolkop te voorkom. Wanneer dit vir verwerkte produkte geoes word, word dit meganies gedoen. As dit vir ’n tyd lank gestoor gaan word, moet die stingels langer afgesny word met meer buitenste blare om as beskerming te dien.

Berging

Kopkool word gewoonlik by 0°C - 1°C gebêre.

Siektes en plae

Vir die gepaste bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingstegnikus of u chemiese maatskappy se adviseur te volg.

Plae

Die algemeenste plae wat in kopkool voorkom is plantluise, die Amerikaanse bolwurm, diamantruitrugmot en koolwebwurm.

Siektes

Die algemeenste siektes is swartstam, swartvrot, donsskimmel, dikvoetsiekte, sagtevrot en Sclerotinia vrot.

Translated by Ananda Schoeman