Kontemporêre Lewe van die Basotho

Arbeiders in Suid-Afrika

©Roger de la Harpe

Die sterkste invloed op Lesotho se Basotho is hul betrokkenheid as arbeiders in Suid-Afrika se mynbou en produktiewe bedryf. Dit verteenwoordig hul hoofbron van inkomste en het hul praktyke geraak.

Die gevolge daarvan is duidelik te sien in hul huishoudelike reëlings (mans wat geskei is vir lang tydperke van hul families) en voor die hand liggend hoe die veranderinge aan die huwelik beskou word (mans as afwesige loon-verdieners en vroue as agterblywende tuisteskeppers).

Bruidskat gee te kenne dat mans die reg het om ondersteuning te eis van hul kinders wanneer hulle verdien, eerder as om net 'n assosiasie te he met 'n familieverwante groep.

Voorvaders en waarsêers (lingaka) is betrokke in mans se ervarings as arbeidsimmigrante en vroue se ervarings om by die huis gelos te word.

Hulle word opgeroep om beskerming te bied teen gevare wat skuil in die myne en fabrieke; daar word verwag dat hulle moet help met die genesing van beserings wat fisiese en emosionele is en wat verband hou met sodanige werk; en hulle moet die vroue bystaan wat spanning in die gesig staar omdat hulle alleen gelaat is om te sorg vir kinders, velde en vee met min, indien enige, geld.

Translated by Wilma Koeppen