Koejawels is tropiese vrugte wat globaal geproduseer word in tropiese en subtropiese streke. Die Psidium guajava is ‘n klein boompie van die Myrtacae (Mirte) familie, met donkergroen, langwerpige blare. Die plant se oorsprong is Sentraal-Amerika en het oor die tyd deur die wêreld versprei. Koejawelproduksie is vandag belangrik in Suid-Oos-Asië en Sentraal-Amerika. Koejawels word geproduseer vir die vars mark asook in verskeie verwerkte vorme. In baie warmer klimate groei koejawels oorvloedig in ‘n semi-wilde staat.
Translated by Elna Van Rhyn