Die produksie van soet kersies in Suid-Afrika is 'n klein maar vinnig groeiende bedryf met aanplantings wat in net twee jaar vanaf 2017 met 25% gestyg het. Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse kersies word aan plaaslike markte verkoop, maar met uitvoere na China wat toeneem terwyl die Verenigde Koninkryk die belangrikste uitvoermark bly.
Kersies is baie gesond vrugte wat ryk is aan melatonien en antioksidante, maar het 'n relatief kort raklewe. Geproduseer in die koue winter streke van Suid-Afrika, is dit 'n arbeidsintensiewe vrugte gewas wat met die hand gepluk en by 0,5°C vervoer moet word.
Translated by Wilma Koeppen