Jellyfish
Jellievis

© Jean Tresfon

Gewone Familienaam

Jellievis

Wetenskaplike Naam

Hydrozoa

Grootte

Vanaf 1 cm tot 2,5 m (klok) en 60 cm (tentakels)

Identifikasie

Die sigbaarste identifikasie is die jellierige medusa (klokvormige liggaam). Tentakels en ander organe sprei uit van die medusa en mondarea. Kleur is meestal deurskynend met blou, pienk, rooi en wit pigmentasie.

Algemene Inligting

Die klas Hydrozoa in die phylum Cnidaria bestaan uit ongeveer 1 750 spesies. Nou verwant aan koraal en anemone. Hulle swem deur spiere saam te trek en water by die klok uit te spuit. Nematosiste op die tentakels verlam die prooi waarna dit na die mond gebring word. Word geëet deur seeskilpaaie. Plant voort deur eiers wat afsak en ontwikkel in jellievisse.

Voeding

Leef van plankton, ander jellievisse en klein vissies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.