Tradisioneel was 'n man se eerste vrou vir hom gekies; indien hy meer as een vrou kon bekostig, het hy self die ander gekies. Onder edele groepe wat baie grond besit het is vroue wat deel van sy familie was verkies.
Sy ma se broer se dogter, pa se suster se dogter, en pa se broer se dogter het voorkeur geniet. Huwelike met hierdie laaste familielid beteken dat die bruid se bruidskat ( beeste) in die veestal wat aan haar pa en pa se broer behoort sal bly.
Huwelike word gewoonlik deur familielede gereël met die man se naasbestaandes wat die inisiatief neem. Verlowing tussen kinders was vroeër algemeen, maar dit word nie meer beoefen nie.
ʼn Belangrike deel van die verlowing was die oordra van die bruidskat (bogadi) van die bruidegom en sy familie aan die bruid se familie. ʼn Huwelik was net geldig sodra die bogadi betaal is.
Dit het die oordrag van 'n vrou se vrugbaarheid (nie die koop van die vrou nie) aan haar man se naasbestaandes aangedui. Eers dan kan die kinders wat sy sou kry deel word van sy familie groep. Indien 'n vrou nie 'n kind kon baar nie, moes haar gamilie groep haar vervang met een van haar susters of 'n ekstra suster gestuur word, of die bogadi moes teruggegee word.
Die bogadi het hoofsaaklik uit beeste bestaan, alhoewel sommige Tswana (Ngwaketse en Kwena in die besonder) skape ingesluit het. Wanneer die bruidskat vandag oorgedra word is dit ʼn kombinasie van geld en aantal beeste wat deur die groepe ooreengekom is wat gegee word.
Die aantal vee was nie oop vir onderhandeling nie, maar die besluit is deur die bruidegom se familie geneem; die bruid se gesin het min sê in die saak anders as om te protesteer as hulle gelo het dat die bruidegom se naasbestaandes dit kan bekostig om meer te gee. Betaling het gewoonlik in een paaiement geskied waarna die bruid dan saam met haar man gaan woon het.
Die diere (altyd 'n eweredige getal) is afkomsitg van die bruidegom se pa en wat sy eie broers en susters ook bygedra het. Hy verwag 'n dier van die bruidegom se ma se oom af, aangesien beeste wat ontvang is vir die bruidegom se ma gebruik was om sy eie vrou te verkry.
Die beeste was gestuur na die bruid se opstal, waar hulle vir 'n tyd deur haar pa gehou is. Nadat hulle vermenigvuldig het, versprei die bruid se pa hulle onder sy en die bruid se ma se naaste bloedverwante, wat almal sou gevra was om by te dra tot die bruid se broer se bogadi. Die bruid se oom van die ma se kant af en haar oudste broer het voorkeur gekry oor die keuse van die beeste wat sy as haar bogadi ontvang het.
Wanneer 'n man meer as een vrou het, is elke vrou geregtig op haar eie lapa - huise, velde, vee en huishoudelike gereedskap wat deur haar en haar kinders gebruik word. Maar 'n vrou wat gestuur is om 'n vrou wat kinderloos gesterf het te vervang, of om kinders te dra vir 'n vrou wat nie kinders kan kry nie, het sy in die lapa van die vrou wat sy vervang het gaan bly en nie haar eie lapa gekry nie.
Met 'n ouer vrou se dood word die hulpbronne van haar lapa deur haar kinders geërf. ʼn Poligamis se vroue word gewoonlik ingedeel in volgorde van verlowing (nie die huwelik nie), 'n feit wat die posisie van die vroue oop laat vir betwisting, veral na die man se dood.
Die eerste vrou aan wie die man verloof was word gesien as die mees senior en haar oudste seun die erfgenaam van die status en nie-toegewese eiendom van sy vader. Nog dispute oor die posisie van die vroue volg dikwels ná 'n magtige man se dood as sy eerste seuns van sy verskillende vroue veg vir die reg om die primêre erfgenaam te wees.
Nadat die apartheidstaat spesiale magte aan hoofmanne gegee het is sommige antropoloë vasgevang in sulke geskille, en selfs die hof ook, wanneer mans meeding vir die reg om hul vaders op te volg in hoofmanskap en het hulle 'n beroep op antropoloë gedoen het om hul eise dat hulle die eerste seuns van senior vroue was te verifieer.
Translated by Wilma Koeppen