Guinea Grass
Gewone Buffelsgras

Naam

Gewone buffelsgras

Latynse naam

Panicum maximum

Beskrywing

Gewone buffelsgras is ’n meerjarige gras met 30 mm lange blaarskywe. Die bloeiwyse is ’n oop saamgestelde tros. Die gras is baie smaaklik en word deur alle grasvreters verkies. Die aartjies is groen tot pers (veral pers wanneer die gras in direkte son groei). Gewone buffelsgras bly groen tot laat in die winter. Dit kom uit Afrika, maar kom vandag in feitlik alle tropiese dele van die wêreld voor.

Gebruike

Gewone buffelsgras is waarskynlik die mees waardevolste weidingsgras in sy verspreidingsgebied. Dit is veral smaaklik, lewer ’n hoë blaar produksie en kom gewoonlik in oorvloed in goeie veld voor. Die aartjies is baie gewild onder saadvretende voëls.

Habitat

Gewone buffelsgras word in klam plekke met vrugbare grond, veral in die skaduwee van bome langs riviere, gevind. Dit kan ook in ’n verskeidenheid ander toestande groei.

Blomme

September tot Maart (Suid Afrika)

Notas

Gewone buffelsgras is bekend regoor Afrika en het ’n aantal verskillende name onder andere “Tanganyika grass”. Dit is ’n waardevolle voergras vir vee, maar daar word geglo dat dit siektes in diere onder sekere klimaatstoestande veroorsaak.