Groenboontjies

© Louise Brodie

Wetensakplike naam: Phaseolus vulgaris L
Volksnaam: Groenboontjies

Plantbeskrywing

Dit kan ’n struik of ’n rankplant wees. As dit ’n rankplant is, moet dit met latwerk geplant word om die bone van die grond af te hou.

Gebruike

Die boontjies word geëet, gekook of rou (bv. jong boontjies in slaaie). Hulle word ook verwerk en geblik.

Grondvereistes en -voorbereiding

Wanneer die grond voorberei word, neem eers ’n verteenwoordigende grondmonster na ’n betroubare laboratorium om geanaliseer te word. Kontak u plaaslike voorligtingsbeampte vir raad aangaande dit.
Groenboontjies vaar die beste in sanderige leemgrond tot leemgrond wat goed gedreineer is. Dit kan in swaarder kleigronde gegroei word, maar dit is nie ideaal nie.
Groenboontjies kan in grondsoorte met pH-vlakke so suur soos 5.6 groei, maar optimale produksie word bereik in grondsoorte met pH-vlakke van 6.0-6.5. Groenboontjies groei glad nie goed in alkaliese grondsoorte nie.

Klimaat

Die ideale klimaatreeks is 18-26 °C met minimum temperature van 5 °C en maksimum temperature van 35 °C wat gewaskwaliteit sal affekteer.
Groenboontjies is ’n warmseisoen gewas en is gevoelig tot koue weer en onverdraagsaam teenoor ryp. Klimaatvereistes vir verskillende kultivars verskil wel effens, maar nie veel nie.

Kultivars

Struikvariëteite
Wintergreen, Contender, Class Act, World Cup, Provider, Imali, Malelaan, Star 2000, Derby, Star 2052, Espada, Champ
Rankvariëteite
Witsa, Lazy Housewife

Translated by Ananda Schoeman