Gazania
Botterblom

© David Fleminger
Terracotta Gazania.

Naam

Botterblom

Latynse naam

Gazania krebsiana

Beskrywing

Hierdie plant groei plat teen die grond en lyk in blom amper soos 'n klein bietjie sonskyn in die veld. Dit groei tot 'n hoogte van ongeveer 100 mm. Blare is 50 mm lank en is donkergroen bo en satyn wit onder. Die pragtige blomhofies is 50 mm breed met heldergeel (soms wit) lint- en skyfblommetjies. Die blomtyd is van Julie tot September.

Habitat

Groei hoofsaaklik in oop grasland gebiede van Suid-Afrika, insluitend meer droë gebiede in die Noord-Kaap Provinsie.

Veldnotas

Die botterblom is een van die meer dramatiese plante in die land, veral wanneer die lentereën in die droë gebiede val en die grond deur die helder kleure van die plant bedek word. Hierdie voorjaar skouspel word beskou as een van die wonders van die natuurlike wêreld.

Die plant word beskou as 'n uitstekende grondhouer.