Flagtails

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Vlagstert

Wetenskaplike naam

Kuhliidae

Grootte

Tot 50 cm, gemiddeld 20 cm.

Identifikasie

Klein, laterale saamgeperste liggaam. Stertfin is matig gevurk met ‘n swart of wit merk daarop, vandaar die naam van die spesies. Rugvinne is diep ingekeep. Skubberige skede rondom rug- en anale vinne. Gewoonlik silwerkleurig.

Algemene Inligting

Die Kuhliidae familie bestaan uit 1 genus en 8 spesies. Kom bedags voor in skole in vlak see- of vars water. Jonges vorm klein groepies en is soms te sien in rotspoele. Wei snags. Pelagiese broeiers.

Voeding

Leef van van klein vryswemmende skaaldiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Gebande vylvis (Kuhlia mugil)
Vylvis (Prochilodus sp)