Etikettering van Varkprodukte

Varkprodukte sal slegs kwalifiseer vir vryloop (‘free range’) as boere hul varke laat vry rondloop buite, geen geneties gemanipuleerde voer en antibiotika gebruik nie. Nog 'n voorwaarde is organiese of weiding-gevoerde (‘pasture reared’) etikettering, sowel net as die plaas se produksieprotokol by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, geregistreer is en gereeld geouditeer word deur 'n onafhanklike ouditeur, soos die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy (SAMIC)
In die afwesigheid van wetgewing oor die gebruik van hierdie etikette, is daar verskillende interpretasies van hul betekenis, maar die algemene beginsels is as volg:

Wat beteken ‘Sog-Vriendelik’?

©Glenneis Kriel
The Sow-friendly label is used for pork meat where sows spend minimal time in individual pens.
Die sôe word tradisioneel beperk tot individuele hokkies tydens hul swangerskap van 16 weke, aangesien dit help om miskrame te voorkom. Die ‘sog-vriendelike’ etiket word gebruik vir varkvleis wat in 'n stelsel geproduseer word waar die sôe baie min tyd in hierdie hokke spandeer. Om vir Woolworth se sog-vriendelike etiket te kan kwalifiseer, mag ‘n sog slegs gedurende haar eerste week van swangerskap in die hokkie gehou word, maar sy kan tot agt weke hier gehou word om te kwalifiseer vir die Pick n Pay-merk.
Na hul isolasietyd word die swanger sôe saam gegroepeer en het hulle meer vryheid om rond te beweeg en te sosialiseer voordat hulle 'n week voor die geboorte na individuele jongingskratte verskuif word. Terwyl daar groepe is wat teen die gebruik van die jongingskratte is, kan die meeste produsente wat hierdie merk gebruik, toelaat dat die sôe en hul werpsels daar bly vir ses weke totdat die kleintjies gespeen word.
Die voordele van jongingskratte is dat dit beter is vir die dier se welsyn, sterftes van die jong varkies verminder, voorkom dat die sog haar babas doodlê en verseker dat die klein varkies warm bly en naby hul bron van melk (moeder) is. Kleinhandelondernemings het gewoonlik ander spesifikasies waaraan produsente moet voldoen om vir hul eie etikette te kwalifiseer. Dit hou gewoonlik verband met die welsyn van diere, produknaspeurrbaarheid, dieregesondheid en die gebruik van medisyne sowel as voer- en behuisingstandaarde en die vervoer en humane slagting van die varke.

Wat is Vryloop Produksie (‘Free Range’)?

©Glenneis Kriel
Free range and pasture reared pigs spend most of their lives in camps outside.
Vryloop produksie beteken dat die varke nie tot hokke beperk word nie, maar hoofsaaklik in die buitelug vreet en gewoonlik vrye toegang het tot klein kampe.
Daar is variasies van hierdie interpretasie, met sommige produsente wat steeds gebruik maak van jongingskratte vir tot ses weke om vrektes van babavarkies te verminder.
Varke sal nie oorleef en behoorlik slegs op weiding nie, so moet ekstra voer kry.

Wat Behels Weiding-gevoerde Varkproduksie?

Weiding-gevoerde varkproduksie beteken dat varke grootliks op weiding gevoer word maar dat hul voeding aangevul word met peulgewasse, graan en voorbereide varkvoer.

Organiese Varkproduksie

Verbruikers wat ernstig is oor organiese varkvleis, sal waarskynlik vereis dat dit slegs vleis mag wees wat in vrylopende en sog-vriendelike produksiesisteme geproduseer is en dat hierdie hierdie varke slegs organies-gesertifiseerde voer en medisyne mag ontvang. Antibiotika word gewoonlik nie toegelaat nie, tensy onder uiterste toestande. (Geen hormone word in enige vorm van varkproduksie in Suid-Afrika gebruik nie, hetsy organies of nie.)

Wat is Vark 360?

©Glenneis Kriel
Pork 360 is a quality assurance certification system of the South African Pork Producers Organisation.
‘Vark 360’ is 'n gehalteversekeringsertifikaatstelsel van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie.
Dit is in 2015 by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye geregistreer en waarborg aan beide die verbruikers- en kleinhandelsektor dat 'n produsent 'n konsekwente produksieproses volg wat aan sekere minimum standaarde voldoen.
Hierdie standaarde het betrekking op voedselveiligheid, sanitere- en higiëne vereistes, behuising, dierewelsyn, rekordhouding, naspeurbaarheid asook produksie praktyke, plaagbeheer, voeding- en voerkwaliteit, biosekuriteit, mis- en afvalwaterbeheer, vervoer van varke en die gebruik van medisyne en entstowwe.
Produsente neem vrywillig deel aan die stelsel. 'n Geakkrediteerde veeartsenykundige moet gereeld die plaas besoek, adviseur en die plaas en sy produksieprosesse evalueer.
Produsente moet ook hul eie standaard produksiedokumente hê wat aan Pork 360-standaarde voldoen. Die plase word jaarliks ​​deur 'n onafhanklike ouditeur geouditeer om te verseker dat aan die minimum standaarde voldoen word.

Translated by Hazel Oliver