Siektes en plae by wingerd kan ingedeel word in groepe naamlik insekte, swamme, bakteriese siektes en virusse. Die beheer van siektes en plae is een van die grootste uitgawes vir die wingerdprodusent en kontrolemaatreëls noodsaak die produsent om slegs sekere geregistreerde middels te spuit.
Alle spuitprogramme moet voldoen aan die vereistes van die IPW program, ‘n vrywillige omgewingsvolhoubaarheid-skema ingestel deur die Suid Afrikaanse Wynbedryf in 1998. Hierdie skema voldoen aan internasionale omgewingsvolhoubaarheid kriteria en moedig 'n volhoubare benadering tot plaagbeheer wat die gebruik van natuurlike meganismes aan.
Produsente word aanbeveel om 'n reeks beheermaatreëls te gebruik wat die plaagop verskillende maniere teiken bv deur insek predatore, parasiete (natuurlike vyande), entomopatogeniese (wat insekte doodmaak) swamme, bakterieë of nematodes wat die plaag spesifiek teikente gebruik.
Hierdie maatreëls saam met chemiese bespuitings gebruik (waarvan sommige organies is) word dikwels saam met hierdie maatrëels gebruik. Die beste manier om peste en siektes te beperk is gedurige monitering van die wingerd vir simptome. Die produsente maak toenemend gebruik van opgeleide monitors om koste te bespaar.
Dié werkers word opgelei om wingerde op ’n gereelde basis deur te stap en te soek vir die eerste tekens van insek of swaminfeksiesimptome: By ondergrondse insekplae is die simptoom gewoonlik swak groei, wat in kolle in die blok voorkom. Stokke dra al hoe minder en loot-groei is swak.
By bogrondse insekplae is die ooglopende simptoom gate in blare, misvormde blare en trosse asook wit wasagtige besmetting van trosse. Die wingerdboukundige sal, indien daar nie duidelike simptome op die blare, lote of trosse voorkom nie, ’n gat grawe om na die wortels van die besmette plante te kyk.
Tydens die behandeling van die plant met ’n sistemiese middel, sal die plant die middel opneem en die swam of insek van binne af dood. Indien ’n kontakdoder gebruik word, word die plant met ’n chemiese middel bedek en sodra die insek of swam die plant probeer beskadig, sal die kontakdoder die insek of swam dood.
Dit is ook belangrik om te weet dat klimaat en omgewing ’n groot rol kan speel in die voorkoms van siektes en plae. In gebiede met ’n lae humiditeit, is sekere swamsiektes minder bekend, in teendeel, met hoë humiditeit of reën gedurende die groeiseisoen kan verskillende swamsiektes bevorder word.
Die lewensiklusse (uitbroei) van insekte is gewoonlik seisoensgebonde en soos in die geval van witluis, direk afhanklik van temperatuur. Wingerdboupraktyke kan ook ’n rol speel in siekte en pesbeheer:
Goeie loofbestuur kan swamsiektes verminder. Indien daar van oorhoofse besproeiing gebruik gemaak word, moet die besproeiing plaasvind wanneer die wingerd reeds klam is, byvoorbeeld vroeg in die oggend.
Die ryrigting en opleistelsel kan ook ’n groot bydrae maak tot die verbetering van deurlugting en wat die blare na reën gouer afdroog. Onkruid bied ’n skuil- en broeiplek vir insekte. Onoordeelkundige gebruik van insekdoders kan ook die natuurlike vyande van insekplae vernietig.
Translated By Marinda Louw