Draakvrugte is ‘n baie groot, geskubde vrug, meestal met ‘n rooi skil, wat geproduseer word deur ‘n vining-groeiende kaktus wat rank.
Hoewel dit ‘n relatief jong bedryf in Suid-Afrika is, toon plaaslike Draakvrugteplase reuse potensiaal om aansienlike hoeveelhede vrugte aan die markte van die noordelike halfrond te voorsien.
Die Suid-Afrikaanse Draakvrugtebedryf fokus hoofsaaklik op die rooiskil variëteite waarvan dié met pienk vrugte die gewildste is. Draakvrugte verkies ‘n warm, subtropiese klimaat en word suksesvol gekweek in areas waar avokado’s en makadamianeute ook goed aard. Dit word geoes vanaf Desember-Januarie tot April-Mei.
Translated by Elna Van Rhyn