Die Teel van Varke

©Glenneis Kriel
Sows should have a deep body with room for a big litter.
Die strategiese keuse van teelvarke kan help om ’n boerdery te verbeter deur byvoorbeeld groter werpsels, die verhoging van varkvleis se kwaliteit en -uitset sowel as die voer doeltreffendheid van die diere. Die sôe en bere wat uitgekies word moet gesond, mooi, in ’n goeie toestand, onverwant en oud genoeg wees.

Gesondheid

Teelvarke moet gesond wees. Soek dus tekens van ongemak, siekte en parasietbesmetting voordat jy nuwe diere in jou boerdery inbring. ’n Gesonde vark, volgens die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie se handleiding, Pigs for Profit, haal normaalweg asem en moet nie hoes, nies of spoeg rondom die bek hê nie. Varke moet blink pelse hê, nie te veel krap of enige wonde, skurwe gekleurde kolle, verdikkings of vergroeisels hê nie.
Die beste is om varke van betroubare telers te koop, maar as jy op ’n veiling gaan koop moet jy die vark se oorsprong ken en ’n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat aanvra. Bere wat tussen verskillende boere gedeel word, dra ’n hoër risiko om seksueel oordraagbare en ander siektes te hê. Maak dus seker dat hierdie varke gesond is voordat hulle in jou boerdery ingebring word. Nuwe bere en sôe moet vir ten minste vier weke in kwarantyn gehou word. Gedurende hierdie tyd moet hulle vir siektes geëvalueer word, behandel word teen parasiete en ingeënt word. Dit sal die verspreiding van parasiete en siektes in jou boerdery voorkom.

Liggaamshouding

©Media 5 Photography on behalf of PIC in South Africa
Boars should have two well developed testicles and have no defects or physical abnormalities.
Die varke moet nie enige gebrek of fisiese afwykings hê nie. Volgens die Pigs for Profit handleiding moet teelvarke ’n sterk reguit rug en sterk reguit bene en pote hê. As hulle sukkel om te beweeg, is hulle nie geskik vir voortplanting nie. Die bere moet twee goed ontwikkelde testikels hê en opgewonde raak in die teenwoordigheid van ’n sog op hitte. ’n Sog moet ten minste tien prominente eweredig gespasieerde spene hê, terwyl ’n verbeterde sog ten minste 14 moet hê. Die sog moet ook ’n breë lyf hê met baie plek vir ’n groot werpsel.

Inteling

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Cross-breeding may help to increase the feed efficiency and growth rate of piglets.
Inteling is wanneer naby verwante diere, soos broers en susters of ouers en hul nageslag met mekaar teel. Dit verhoog nie net die risiko vir genetiese abnormaliteite nie, maar het ook ’n negatiewe impak op voortplanting. Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies beveel aan dat volbloed varke, wat vir teling gebruik word, nie ’n gemeenskaplike voorouer vir minstens vier geslagte terug in die stamboom mag hê nie. Produsente moet dus rekord van die stamboom op hulle eie plase hou en versigtig wees om slegs bere te koop of te gebruik wat nie aan die varke in hulle boerdery verwant is nie.

Liggaamskondisie

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Sows should be in good condition to prevent reproduction problems.
As jy die bene onder die vel kan sien, soos by die heup, skouer, ribbes en ruggraat, is die vark te maer. ’n Vark wat te vet is, kan moeilik voortplant en been of poot probleme ontwikkel.

Ouderdom

Die ouderdom van die diere moet ook in gedagte gehou word, aangesien dit ’n impak op die sukses van die voortplanting sal hê. Bere word gewoonlik aangehou totdat hulle drie jaar oud is. ’n Sog word geslag as die werpsels nie meer groot genoeg is nie of as daar voortplanting probleme is soos die sog wat nie op hitte gaan nie, die fetusse wat geaborteer word of as daar voortydige geboortes en doodgebore varkies is.

Translated by Ananda Schoeman

Hoe om 'n Varkras te Kies

Wanneer jy met 'n varkboerdery begin, moet jy 'n varkras kies wat jou vlak van vaardigheid en bestuur sal pas....more

Varkrasse in Suid-Afrika

Aangesien geen varkras perfek is nie en elke ras sy eie unieke voordele en nadele het, is die keuse van 'n ras ‘n persoonlike keuse....more

Ander Varkrasse in Suid-Afrika

Die kolbroek is 'n inheemse Suid-Afrikaanse varkras. Verskeie teorieë bestaan ​​oor die oorsprong van die ras en vanwaar sy naam afkoms...more