Die Naam “Mapungubwe”

Die Merkwaardige Ontdekking

©Roger de la Harpe

In 1933 is die merkwaardige ontdekking van 'n graf van onbekende oorsprong gemaak naby die kruin van 'n natuurlike rotsvesting in wat nou een van die sentrale dele van die Mapungubwe Nasionale Park is.

Die ontdekking van ingewikkelde juweliersware, 'n renosterstandbeeld van soliede goud en krale van regoor die wêreld, het antropoloë teruggeneem na 'n antieke ryk, dié van die Mapungubwe Koninkryk. Vir meer as sewe eeue het gemeenskaplike kennis van hierdie langvergeete mense nie bestaan nie, maar hulle storie heet nou in hierdie kultureel-gefokusde oorgrensbewaringsgebied.

Dit is 'n storie wat so ver terug as 1200 n.C. begin het toe 'n Afrika-koning van geweldige mag 'n groot Ystertydeperkstad tussen hierdie rotsagtige koppies gehad het. Besoekers stroom nou na die gelyknamige park in hulle hordes om van hierdie vergete nasie-staat te leer, en hulle bly die primêre rede waarom hierdie groot oorgrenspark in die negentigerjare verklaar is.

“Die Plek van Jakkalse”

©Roger de la Harpe
Het jy geweet: Antropoloë is nie 100% seker waar die naam Mapungubwe vandaan kom nie, maar die oorsprong is vermoedelik gebaseer op “die plek (of heuwel) van jakkalse”.Translated by Nina Joubert