Die Burgermeester van New York, David Dinkins Ontmoet Nelson Mandela by JFK Lughawe

© Dr Peter Magubane
Die Burgemeester van New York, David Dinkins, ontmoet Nelson Mandela by JFK Lughawe.
David Dinkins was die burgemeester van New York van 1990 tot 1993 en was die eerste swart Amerikaner om daardie posisie te betree. Hy was 'n prokureur met 'n graad in wiskunde. Dinkins het Madiba aan die begin van Madiba se agt stadsbesoeke in Amerika in 1990 ontmoet. Die besoeke was deel van ’n ses weke-lange, 14-nasie-toer, waartydens Mandela die finansiële ondersteuning en die voortsetting van ekonomiese sanksies teen die wit regime in Suid-Afrika gevra het. Dit word beraam dat 750 000 mense in New York gekom het om hom te sien toe hy deur New York gery het om verskeie swart woonbuurte in die stad te besoek.

Burgemeester Dinkins het gesê dat hy na Kennedy lughawe gegaan het om Mandela te ontmoet. Toe Mandela by die trappe van die vliegtuig uitklim, verduidelik Dinkins, was dit onbeskryflik. Hy sê dit gebeur nie gereeld dat ’n mens een van jou helde te ontmoet nie. Hy is oortuig dat as hy 27-jaar lank in gevangenis was en mishandel was op die manier wat Mandela was, hy 'n woede in hom sou gehad het. Tog, beskryf hy, is die wonderlike ding van Nelson Mandela dat hy ’n totale afwesigheid van bitterheid het. Dinkins is oortuig dat die oomblik toe hy en Mandela omhels het, dit een van die wonderlikste oomblikke van sy lewe was.

"Ek droom van ’n gevestigde eenheid in Afrika, waardeur sy leiers hul pogings kombineer om die probleme van hierdie vasteland op te los." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more