Damselfish
Nooientjievis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Nooientjievis

Ander in Familie

Garibaldis, Gregories, Sammajore, Chromis, Nagsersante

Wetenskaplike Naam

Pomacentridae

Grootte

Tot 30 cm; gemiddeld 10 cm.

Identifikasie

Langwerpige liggaam. Groot, growwe skubbe. Stertvinvorm wissel van konkaaf tot gevurk. Verskillende kleure. Vanaf swart en wit tot heldergeel, oranje en blou-dominant.

Algemene Inligting

Die Pomacentridae familie bestaan uit 28 genera en 321 spesies. Oorvloedig oor riwwe. Skuil in koraal of skeure wanneer gevaar dreig. Sommige spesies is baie territoriaal. Die mannetjie bou ‘n ‘nes’ op rots en die wyfie lê haar eiers daar sodat hy dit kan bevrug. Die mannetjie bewaak die nes vir ongeveer sewe dae.

Voeding

Afhangende van hulle habitat, leef hulle van alge, plankton, koraal en klein, bodemlewende skaaldiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Chocolate chip nooientjievis - Chromis dimidiate
Sergeant major nooientjievis - Abudefduf vaigiensis
Domino nooientjievis - Dascyllus trimaculatus