Crested Barbet
Kuifkophoutkapper

© Shem Compion

Naam

Kuifkophoutkapper [Trachyphonus vaillantii]

Voorkoms

Met sy dik snawel en en baie kleurvolle vere is die kuifkophoutkapper onmiskenbaar. Hierdie klein voëltjie het 'n gespikkelde geel en rooi gesig met 'n klein swart kuifie. Die maag is geel met rooi spikkels, die vlerke is swart met wit spikkels en daar is 'n breë swart band om die nek.
Sy geel kop en lyf met swart en wit vere, en die rooi merke op die einde van sy liggaam verseker dat hy goed saamsmelt met die bos. Hulle het 'n skril, aanhoudende tril-geluid.

Dieet

Die kuifkophoutkapper vreet insekte, ander voëls se eiers en vrugte.

Voortplanting

Hulle sal broei in 'n gat in 'n boom of 'n sisalstomp in 'n tuin. Hulle is monogaam en territoriaal wanneer hulle broei. Territoriums wissel volgens hul habitat. Eiers word tussen September en Desember gelê.
1 tot 5 eiers word daagliks gelê. Inkubasie duur tussen 13 tot 17 dae, vandat die tweede of derde eier gelê is, en hoofsaaklik deur die wyfie. Die kleintjies broei naak en blind uit. Hulle word deur beide ouers gevoed. Fekale materiaal word gereeld verwyder. Hulle begin na ongeveer 31 dae vlieg. Tot vyf broeisels is in 'n broeiseisoen aangeteken.

Gedrag

Hulle word alleen of in pare aangetref. Hulle hou daarvan om op die grond rond te hop om kos te soek, en gewoonlik sit en roep hulle op 'n tak in die oopte. Hulle vlieg nie maklik nie en dan slegs vir kort afstande. Kuifkophoutkappers broei in holtes in bome.
Hulle is baie luidrugtig, met 'n aanhoudende tril-geluid wat vir lang tye kan voortduur. Kuifkophoutkappers is aggressief teenoor ander voëls in hul gebied en verjaag beide nes-mededingers soos ander houtkappers en voëls soos duiwe en lysters. Daar is al aangeteken dat hulle 'n rot aangeval en 'n slang dood gemaak het.

Habitat

Woude, savanne en voorstedelike tuine, boswoud- en waterlope.

Waar hulle gevind word

Kuifkophoutkappers is algemeen in Suider-Afrika. Hulle word ook in Zimbabwe, Mosambiek, Botswana en Noord-Namibië aangetref.