Common Tern
Gewone sterretjie

Naam

Gewone sterretjie (Sterna hirundo)

Familie

Rynchopidae (Roofmeeue, Meeue en Sterretjies)

Habitat

Kom in swerms van duisende oor die oop see voor.

Migrasie

Die gewone sterretjie migreer, geringde voëls vanaf Engeland, Noorweë, Finland, Denemarke en Duitsland is al langs ons kuslyn gevind.

Roep

’n Kort skerp ‘kiek-kiek’.

Voortplanting

Broei in riviermondings en op strande.

Voorkoms

Die volwasse gewone sterretjie se snawel is 1½ keer die afstand tussen die agterkant van die oog en die voorkant van die voorkop, rooi met ’n swart punt, maar is baie minder swart in die broeityd. Die oë is donkerbruin. Die kroon is gewoonlik ’n gevlekte swart met roetswart oor die oog en op die kop, die voorkop, nek, keel en onderlyf is wit. Baie liggrys bo met ’n swart dwarsstreep op die skouer van die vlerk. Die bene is donkerrooi en in die broeityd is die nek, kroon en voorkop swart.
Onvolwasse voël: Jong voëls lyk soos die nie-broeiende volwasse gewone sterretjie, maar die boonste dele is ’n gevlekte dowe geelgrys, die snawelbasis is rooibruin en die bene geel.

Bewaringstatus

Oorvloedige besoeker in die somer.

Verspreiding

Kom in groot getalle vanaf Augustus tot April langs die kus voor, maar individue kan dwarsdeur die jaar gevind word. Baie skaars in die binneland.