Catfish
Seebaber

© Nigel J Dennis

Gewone familienaam

Seebaber

Alias

Baar, Penvis

Wetenskaplike naam

Ariidae

Grootte

Tot 45cm

Identifasie

Langwerpige liggaam, sommige paling-vormig. 2-3 pare voeldrade rondom die mond. Gevurkte stertvin. Gewoonlik vaalbruinerig of silwerbruin in kleur. Soms met strepe.

Algemene inligting

Die Ariidae familie bestaan uit 14 genera en 120 spesies. Hulle het nie skubbe nie. Die eerste rugvin het ‘n lang stekel (giftig). Beenplate op die voorkop. Soms gevind in splete. Na bevrugting hou die mannetjie die eiers in sy mond totdat hulle uitbroei. Een van die min spesies waar die mannetjie eiers in sy mond uitbroei.

Voeding

Vreet klein vissies en seebodem ongewerweldes, dikwels garnale, krappe of weekdiere. Hulle gebruik hul voeldrade om te soek na kos in die sand.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld. Sommige spesies kom ook voor in riviermondings en vars water.

Gewone spesies

Seebaber
Galeichthys sp
Striped eel catfish
Plotosus lineatus