Blue Wildebeest
Blouwildebeeste

© Roger de la Harpe

Naam

Blouwildebeeste (Connochaetes taurinus)

Voorkoms

Die donker silwergrys lyf is gemerk met donker vertikale bande aan die voorkant. Blouwildebeeste word gekenmerk deur 'n lang swart maanhaar en 'n lang baard wat van die keel en nek hang. Albei geslagte het kort, gebuigde horings. Bulle weeg 250 kg en meet 1,5 m by die skouers. Koeie is effens kleiner, meet 1,4 m by die skouer en met 'n massa van 180 kg.

Teling

Blouwildebeeste is seisoenale telers. Geboortes van ‘n enkele kalf per koei kom gedurende die somer na 'n dragtgiheidsperiode van nege maande voor. Kalwers kan binne enkele ure na geboorte saam met die trop hardloop.

Gedrag

Seisoenale migrasie was 'n geoptimaliseerde oorlewingstrategie wat die effektiewe gebruik van hulpbronne oor groter gebiede moontlik gemaak het en wat oorbenutting, beide gedurende die nat en droë seisoene, tot 'n minimum beperk het. Blouwildebeeste is baie sosiale diere wat voorkom in troppe wat wissel van tien tot 'n paar duisend individue. Bulle handhaaf territoriums wanneer troppe nie trek nie.

Waar hulle gevind word

Verspreiding is gekonsentreer in die noordoostelike streke van Suid-Afrika. Nie beskou as bedreig nie, maar meestal in bewaringsgebiede. Ook wyd verspreid in lande noord van Suid-Afrika. Bevolkingsgetalle word drasties verminder as gevolg van toespan van gebiede, wat die tradisionele en instinktiewe migrasie beperk.

Veldnotas

Daar is vyf bekende subspesies van blouwildebeeste in Afrika:
Connochaetes taurinus taurinus - Blouwildebees (brindled gnu)
Connochaetes taurinus albojubatus - oostelike witbaard wildebeeste
Connochaetes taurinus cooksoni - Cookson se wildebeeste
Connochaetes taurinus johnstoni - Nyassaland wildebeeste
Connochaetes taurinus mearnsi - Westerse witbaard wildebeeste

Wildebeest

Die blouwildebees het ’n donker silwergrys lyf met donker vertikale strepe op die voorkwart. Die blouwildebees word gekenmerk deur ’n la...more