Batfish
Vlermuisvis

© Jean Tresfon

Gewone Familienaam

Vlermuisvis

Alias

Geen

Wetenskaplike Naam

Ephippidae

Grootte

Tot 50 cm

Identifikasie

Liggaam byna so diep as wat dit lank is. Lateraal afgeplat met simmetriese driehoekige dorsale en anale vine. Hulle is blinkerig silwer, met geel areas en vertikale bruin of swart bande. Die oë is dikwels in een van die vertikale bande geplaas as ‘n manier van kamoeflering. Ander genera in die familie word gekenmerk deur lang, swewende, gepunte dorsale en anale vinne.

Algemene Inligting

Ephippidae bestaan uit 7 genera met 12 spesies. Die graafvis word ook ingesluit in hierdie genus. Word gewoonlik in mid-winter in groepe aangetref oor riwwe en naby wrakke. Hulle word soms verkeerdelik aangesien as engelvisse. Hulle is baie nuuskierig en sal maklik duikers in mid-water benader.

Voeding

Die meeste spesies leef hoofsaaklik van alge en klein ongewerweldes, wurms, sponse, seewier, soöntariërs en gorgoniërs. Omnivore.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Langvin-vlermuisvis - Platax teira
Graafvis - Tripterodon orbis
Rooigesig vlermuisvis - Platax pinnatus