Basilie Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Plant enige gewas van ‘n ander familie en probeer om 'n land elke twee jaar af te wissel.

Opbrengs - per hektaar

Konserwatief
Vars: 10 ton
Droog: 1 ton
Olie: 8 tot 10 liter
Gemiddeld
Vars: 15 ton
Droog: 2 ton
Olie: 10 tot 15 liter
Goed
Vars: 25 ton+
Droog: 5 ton+
Olie: 20 liter+

Oes

Die oes van basilie word óf per hand óf met ‘n oesmasjien gedoen, afhangende van die grootte van die onderneming. Elke plant kan twee tot drie oeste lewer.
Dit is belangrik om die blare vir vars gebruik in die oggend te oes om te verhoed dat dit verwelk. Die blare moet ook onmiddellik na ‘n verkoelde prosseseringsfasiliteit geneem word. Vars basilie is baie sensitief vir koueskade, en daarom moet die temperatuur deurgaans bo 7°C gehou word.
Oes basilie wat gedroog gaan word gedurende warm oggende, en maak seker dat die blare droog is.
Basilie wat vir die vervaardiging van essensiële olie gebruik gaan word, moet reeds knoppe en ‘n paar blomme dra wanneer dit geoes word. Die beste tyd om te oes is gedurende die warmste deel van die dag, aangesien dit die olieproduksie sal verhoog. Moenie die plante natmaak vir drie dae voor dit geoes word nie.
Sny die stamme 15 tot 20 cm bo die grond af met ‘n bietjie loof by om hergroei te bevorder.

Storing

Vars basilie moet teen 8-10°C gestoor word vir 'n maksimum van 'n week. Wees baie versigtig vir koueskade, en vermy dit deur nie die stoorkamer se temperatuur te laag te stel nie. Swart blare dui op koueskade.
Droë basilie moet in verseëlde houers in 'n koel, droë stoorarea geberg word. Uitdroging word gewoonlik deur kommersiële droogmasjiene en pakkers gedoen.
Essensiële olies moet in donker glas- of plastiekhouers in 'n koel, donker stoorarea gebêre word. Die olies word deur middel van stoomdistillasie ekstraheer.

Plae

Aphids, Beetles, Leafhoppers, Nematodes, Slugs, Snails, Thrips en Whitefly.

Siektes

Downey mildew, Fusarium, Phytophthora, Powdery mildew
Kry kundige raad oor plaaslike toestande en gewasbeskermingspraktyke by die plaaslike voorligtingsbeampte of konsultant.

Translated by Rentia Pretorius