Angelfish
Engelvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Engelvis

Wetenskaplike Naam

Pomacanthidae

Grootte

tot 60cm; gemiddeld 25cm

Identifikasie

Diep, lateraal plat liggaam. Klein mondjie, relatief groot borsvin en ‘n geronde tot maanvormige stertvin. Kleur wissel van silwer en grys tot helder reënboogkleure.

Algemene Inligting

Die familie Pomacanthidae bestaan uit 7 genera en ongeveer 86 spesies. Groter visse van die spesies kan baie indrukwekkend wees. Aktief gedurende die dag. Sommige is alleenlopend terwyl ander in pare bly of ‘n harem het. Soms is engelvisse skoonmakers van ander vise gedurende hul jeugfase. ‘n Dramatiese kleurverandering van jong vis tot volwasse vis. Pelagiese broeiers.

Voeding

Van soöplankton en alge tot bentoniese (seebodem) ongewerweldes, sponse alge en hydroids.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Koninklike engelvis - Pygoplites diacanthus
Halfsirkel- engelvis (blou engelvis) - Pomacanthus semicirculatus
Keiser-engelvis - Pomacanthus imperator