Safari soos Geen Ander - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

By die Amakhala Reservaat deel die Groot Vyf die reservaat met verskeie ander soort bokke, sebra, hiëna en jagluiperd.

Wildbesigtiging

By die Amakhala Reservaat deel die Groot Vyf die reservaat met verskeie ander soort bokke, sebra, hiëna en jagluiperd. Hierdie reservaat is ook ’n voëlkyker’s paradys, met fantastiese besigtinge om die Bosman’s Rivier en op begeleide stap toere deur die bos.

Die gidse by hierdie romantiese berg lodge in die Amakhala Reservaat is opgelei deur ’n erkende omgewingsprogram en is daarom van die beste. Die gidse sal jou help om die reservaat te verken en jou alles van die geskiedenis, ekologie en gewoontes van die inwonende diere vertel.

Wildbesigtigingsritte neem plaas in die oggend, middag en aand. ’n Laat middag bootrit op die Bosman’s Rivier bied ’n ander uitsig oor die rivierwoud area, met die moontlikheid om wild, wat nie altyd op die ritte besigtig word nie, te sien. Daar is ook die opsie om te ontspan op die besigtigingsdek van jou privaat suite, of by die swembad waar jy kan sien watter diere by die watergat kom drink.

Bos Etes

Gaste kan kies tussen ’n privaat kersligete en ’n bos braai in die boma met ’n warm oop vuur. Altwee opsies verseker hoog kwaliteit kos en diens en word met heerlike Suid-Afrikaanse wyne vergesel. Bukela Game Lodge kan spesiale dieët aanvrae, soos vegetaries, Halaal of wegneemetes vir ’n dag uitstappie, akkommodeer. Tee word in die middag bedien met vlakvarke en buffels in die agtergrond – ’n ware Suid-Afrikaanse ervaring!

Gespesialiseerde Aktiwiteite

Die drie wildbesigtigingsritte is nie die enigste aktiwiteite wat by hierdie romantiese berg lodge in die Amakhala Reservaat aangepak kan word nie. ’n Aantal opwindende aktiwiteite in die omliggende area kan ook bespreek word. Perdry safari’s en bootritte op die Bosman’s Rivier bied jou die geleentheid om wild en voëls van ’n ander perspektief te sien.

Op die begeleide staptoere het jy die voordeel van nabyheid en jy kan die plante, blomme en bome ondersoek en aanraak – letterlik die ekologie en interressanthede van die reservaat ervaar.

Gaste wat hulle visvangstokke wil afstof kan deur ’n gids na die rivierbed vergesel word en die middag spandeer met vang-en-laat-gaan.

Dié wat nie so aktief ingestel is nie kan ’n spa behandeling in die privaatheid van hul eie suite geniet, of buite op die besigtigingsdek as ’n ontspannende alternatief met ’n pragtige uitsig. Oefen jou boogskiet vaardigheid met ’n rondte of twee tussen wildbesigtigingsritte.  

Sterrekyk, onder die leiding en wysheid van jou kenner gids, is ’n belewenis. Ontdek die grootheid van die hemelruim sonder die stad se liggies om dit te verdoof.

Klein konverensies, span bou naweke en troues kan ook georganiseer word.