Safari soos Geen Ander - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Bukela Game Lodge bied gaste 'n safari soos geen ander in luukse safari tente en koninglike grasdak suites in Amakhala Game Reserve.

Jou Kamer

Die luukse safari tente is gebou bo-op houtpale en het ’n besigtigingsdek wat al om die tent loop vir ’n ongehinderde uitsig oor die  bos. Elke tent suite het lugverkoeling vir die warm dae en elektriese komberse vir die kouer aande. Die dekor is smaakvol minimaal en Afrika geïnspireer. Die houtvloere en moderne hout meubels gee ’n organiese en luukse gevoel aan die slaapkamers en ontspanningsareas.

Die koninglike suites het koning-grootte beddens, en ’n pragtige hemelbed in die wittebrood suite. Badkamers het binne en buite storte en daar is ’n spa-bad wat oor die bos uitkyk deur die dak-tot-vloer vensters. Hierdie bad sal jou deel van die natuur laat voel. Die knus kaggel in die ontspanningsarea is die perfekte plek om ’n romantiese aand te geniet, terwyl die privaat buitelug besigtigingsdek ’n rustige atmosfeer skep waar jy in die son kan ontspan. By hierdie romantiese berg lodge in die Amakhala Reservaat lei hout wandelpaadjies die suites na die hoof lodge.

Lodge Fasiliteite

Die hoof lodge het ’n indrukwekkende ontvangs, eetkamer en sitkamer. Die sentrale vuurmaakplek het ook ’n biblioteek en is dié plek om te wees wanneer die kouer weer begin. Die biblioteek het ’n reeks boeke waarin jy jou dag se wild- en voëllewe besigtigings kan naslaan, of meer oor die ekologie van die resrvaat leer.

Wi-Fi is beskikbaar. Die swembad se besigtigignsdek kyk oor die watergat uit en bied ’n goeie uitsig oor die diere wat verby loop, opsoek na die watergat. Die swembad is net so genotvol en jy kan jou middae in die water spandeer.