Safari soos Geen Ander
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Lakeside Lodge is ’n fantastiese, romantiese wegbreekbestemming vir paartjies wat van die stad wil ontsnap en met die unieke skoonheid van Suid-Afrika omring wil wees.

Hoogtepunte

Hlosi Game Lodge is ’n klein, omheinde luukse lodge in die malaria-vrye Amakhala Reservaat, met volop wild en asemrowenede besigtiginge
Hope familie pret gewaarborg; families met kinders van alle ouderdomme is welkom en ’n kinder safari program, genaamd “Welpies op Safari”, verseker pret te alle tye
Klein lodge wat eklsklusief uit bespreek kan word vir ’n konferensie, span bou geleentheid of intieme troue
Onderneem ’n ontspannende bootrit op die Bosman’s Rivier, die ideale voëlkyk geleentheid
Nagtelike wildbesigtigingsritte, sterrekyk geleenthede, bos wandelinge, spa behandelinge en visvang aktiwiteite beskikbaar

Jou Ervaring

Hierdie familie vriendelike lodge naby die Addo Park is ’n omheinde, boutique lodge, geleë op die grasvlaktes van die Bosman’s rivier - net ’n uur se ry van Port Elizabeth af. Hlosi Game Lodge se akkommodasie bestaan uit ’n verskeidenheid luukse tent suites en luukse grasdak suites. Sommige van die suites bestaan uit twee slaapkamers en is daarom perfek vir familie safari’s. 

Die Amakhala Wildreservaat, met sy uitgestrekte groenigheid, bied grasvlates volop met wild en roofdiere. Hier kan jy jou dae spandeer deur die reservaat en die groot en klein diere wat dit ‘huis’ noem, leer ken. Tussen wildbesigtigingsritte kan jy by die swembad rond lê, op ’n privaat stoep ontspan of eenvoudig net die ongelooflike uitsigte in neem terwyl jy ’n ys koue drankie van die lodge se kroeg geniet. Bootritte op die rivier en predry safari’s is additionele aktiwiteite wat ook by hierdie familie vriendelike lodge naby die Addo Park geniet kan word onder die leiding van ervare gidse.