Rus in die Bos - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Woodbury Tented Camp bied luukse seildoek suites wat op platvorms gebou is, wat gaste luuks kan laat rus in die bos.

Jou Verblyf

Elke tent het óf ’n koning-grootte bed, óf twee enkelbeddens en ’n en-suite badkamer. Die tent suites maak op ’n privaat besigtigingsdek oop en sommige tente kyk oor die reservaat uit en ander oor die inheemse bome. Hierdie besigtigingsdekke is ideaal vir die warm somer maande en in die kouer winter maande bied die elektrisiese komberse ’n heerlike nag rus.

Familie tente bestaan uit 2 tent suite wat met ’n hout besigtigingdek gekoppel is. Hierdie suites het al die bogenoemde geriewe en kan tot 5 mense akkommodeer.

Fasiliteite

Daar is ’n algemene ontspanningsarea by die hoof lodge waar gaste kan ontspan en hul maaltye geniet. Die kaggel is die ideale plek om met ’n boek op te krul in die kouer winter maande. Sommige maaltye word bedien op die besigtigingsdek, wat oor die watergat en grasvlaktes in die agtergrond, uitkyk.  

Daar is ’n swembad waar jy heerlik tussen wildbesigtigingsritte kan gaan afkoel en in die Afrika son lê en bak. Die aandenkingswinkel sorg dat jy iets vir die familie by die huis kan terugneem.