Rus in die Bos - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Die Amakhala Reservaat het leeu, luiperd, olifant, buffel, jagluiperd, kameelperd, sebra en baie bokke en voëls wat in die reservaat woon.

Wildbesigtiging

Wildbesigtigingsritte word deur goed opgeleide gidse en spoorsnyers begelei en hulle sal jou help om van die klein ystervark tot die lange kameelperd te sien.

Hierdie wildbesigtigingsritte neem twee keer ’n dag in 4x4-safari-voertuie plaas. Die eerste rit gaan vroeg in die oggend uit en is die ideale fotografiese geleentheid. Die tweede rit van die dag is laat in die middag wanneer die diere begin ontwaak en water toe beweeg.

Bos Etes

Begin jou dag met ’n wildbesigtigingsrit, gevolg deur ’n vars ontbytbuffet en ’n warm gekookte ontbyt. By Woodbury Tented Camp sal jy nooit honger ly nie. Peuselhappies en verversende drankies word op elke wildbesigtigingsrit bedien.

Geniet ’n vars gebak met ’n koppie tee voordat jy op jou laat middag wildbesigtigingsrit uitgaan. Tydens hierdie wildbesigtigingsrit sal jy vir skemerkelkies en peuselhappies stop en wanneer jy terug is by die kamp wag ’n feesmaal en Afrika gasvryheid op jou.

Na aandete kan jy, in eg Suid-Afrikaanse styl, met ’n laaste drankie om die oop vuur met die ander gaste sosialiseer.

Gespesialiseerde Aktiwiteite

Perdry safari’s kan in die nie-groot wild area van die Amakhala Reservaat onderneem word en laat jou toe om naby aan die bokke en kameelperde te kom. Hierdie safari is ’n unieke manier om die natuur te ontdek.

Amakhala beteken “Plek van Aloes” – en by hierdie reservaat kan jy die plantegroei, sowel as die wild admireer. Die reservaat het ’n ryk geskiedenis wat in konsevasie gedompel is en die Amakhala Fonds (’n Suid-Afrikaanse Nie-Winsgewende Organisasie) sorg vir dat die waardes en die reservaat behoue bly.

Op die reservaar is daar ’n Boesman begraafplaas en antieke dinosouris fossiele wat jy tydens jou verblyf kan ontdek.