Rus in die Bos
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Die afgesonderde Woodbury Tented Camp kyk oor die antieke vloedvlakte van die Bosman’s rivier en die Woodbury watergat uit.

Hoogtepunte

’n Klein, intieme tentkamp, diep in die Amakhala Wildreservaat geleë
Perdry Safari – kom nader aan die wild en word een met die trop
Geniet groot wild safari’s met ’n wildbesigtigignsrit waar jy moontlik jagluiperd, leeu, buffel en olifant kan sien
Woodbury Tented Camp is ’n familie bestuurde kamp wat kindervriendelik is en familie tente aanbied
Heerlike fynproewers maaltye elke dag

Jou Ervaring

Woodbury Tented Camp in die Amakhala Wildreservaat bied jou die geleentheid om te rus in die bos en die wonders van natuur te geniet. Die seildoek tent laat jou nader aan die natuur voel en jy kan in die oggende met die sonsopkomskoor wakker word. Geniet ’n heerlike koppie koffie op jou stoep voordat jy op jou eerste wildbesigtigingsrit van die dag uitgaan.

Ontdek die grasvlaktes en hou jou oë oop vir die groot wild van die area. Terug by die lodge wag ’n feesmaal op jou, met ’n ontbytbuffet wat daagliks verander.

Ontspan langs die swembad, of op jou privaat stoep en geniet wildbesigtiging sonder om eers in ’n kar te klim. Middagetes bestaan uit smaakvolle slaaie en vars gebakte goedere, gevolg deur tee en koek.

Net soos wat die skaduwees begin langer word, neem jou ervare gids jou op jou tweede wildbesigtigingsrit uit. ’n Perdry safari bied jou die geleentheid om die wind deur jou hare te voel en nader aan die diere te kom.

In die aand kan jy om die oop vuur sit met ’n glasie Amarula en terugdink aan die dag se opwindende besigtinge. Smul aan jou drie-gang maaltyd voor jy ’n terug gaan na die gemak van jou tentsuite vir ’n heerlike nagrus.