Opregte Diens - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Amakhala Wildreservaat is spesifiek by renoster en jagluiperd projekte betrokke, en bied jou die geleentheid om van die grootste tot die kleinste wild op een van jou wildbesigtigingsritte te sien.

Wildbesigtiging

Die Amakhala Wildreservaat het ’n aantal wild en voël spesies. Gaste wil gewoonlik slegs die Groot Vyf sien en is nie altyd bewus van die kleiner en ewe fasineerende diere van die reservaat nie.

Die reservaat is beroemd vir hul sterk konservasie etiek en het ’n groot rol gespeel in die rehabilitasie proses van grond wat voorheen slegs vir plaas doeleindes gebruik was.

Bos Maaltye

Maaltye word in die hoof lodge bedien. Hier kan jy ’n koue ontbytbuffet, asook ’n warm gekookte ontbyt, peuselhappies, koek en tee en ’n heerlike drie-gang maaltyd in die aand geniet. Gaste ontvang opregte diens en elke maaltyd word aandagtig aangebied en voorberei. Ervaar die tradisionele Suid-Afrikaanse braai – ’n moet vir enige iemand wat in die bosveld kuier.

Gespesialiseerde Aktiwiteite

Perdery safari’s in die nie-Groot Vyf deel van die Amakhala Wildreservaat is geskik vir beide beginners en ervaarde ruiters. Hierdie safari’s bied jou die geleentheid om die plante, bome, blomme en diere van nader te sien.

Voëlkyk is altyd fasineerend en by Woodbury Lodge is daar volop voëls. ’n Bootrit op die Bosman’s rivier is ’n goue geleentheid om die voëls te bestudeer.